Neels Coertze, Sandton, 28 Desember 2012
So 'n paar jaar gelede het Dennis Pretorius, ‘n lid van Wes-Gautengtak van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika verwys na genealogiese inligting wat versteek is in Familiebybels en wat dalk opgesluit mag wees in museums en private versamelings. Dit het Neels Coertse lid van die Wes- Gautengtak aangespoor om te begin met die neem van foto's van Familiebybels waardeur uiteindelik 500 foto's uit 76 Bybels versamel is.
Neels en sy helpers, Lucas Rinken en Giel Nel, albei lede van Wes-Gautengtak het die taak aangepak. Hulle was die manne wat die handskoene by Museum Afrika [“MA”] aangetrek het om die waardevolle items te hanteer.  Hulle het saam na Museum Afrika [verskeie besoeke] en daarna weer na die Johannesburg Openbare Biblioteek [Johannesburg Public Library “JPL”] gegaan. Daar is ook verskeie privaat skenkings vir die projek ontvang. Die foto's is in vyf bundels genaamd "Foto's van Familiebybels en die Genealogiese/Familiegeskiedenis daarin vervat", ingebind.
Genealoë soek mos maar altyd die smaaklie stukkie geskiedenis en miskien die spreekwoordike geraamtes ook? Nie altyd lelike goeters nie, maar stories wat jou regop  laat sit. So het hulle op 'n geslagsregister afgekom wat vanaf Adam tot en met Moeder Maria se tyd dateer. U kan dit in BONHAM, G.A. se Familiebybel [JPL Q 220.52] [BOEK I bladsy 7] lees. Daar is 36 pragtige foto's.
Neels se eie verlangse familie was betrokke by die Anglo Boere Oorlog sommer naby aan die Wes-Rand en wel in Ventersdorp kontrei. Die Coertze Familiebybel vertel die verhaal van vlugtende boerekrygers, die tommie offisier en die brandende Bybel in die vuur. Dit was natuurlik ‘n poging van die Britse soldate om ontslae te raak van die genealogiese inligting in die Bybel. Die Britse offisier het gedurende 1959 die Bybel na Suid-Afrika terug gestuur en dit is nou beskikbaar vir navorsing. R.J. [MA1958-94] [BOEK I bladsy 93].
Toe een spesifieke Bybel uit die plastieksakke gehaal was, het daar ‘n ander plastieksak saam uitgeval.  Giel was byderhand en het dit oopgemaak. Hy het sommer so ‘n tree of wat teruggestaan en vra: “En nou  Neels, wat doen ons nou?” Ek sê vir hom: “Ons hou aan foto's neem." Daar is voortgegaan met die  fotografering. In die tweede sakkie was daar 'n haarvlegsel van Chatarina Maria Elizabeth BADENHORST wat op haar sterfdag afgesny was.  Dit kan besigtig word op die foto. [PRINSLOO, J.P. & BOSHOFF W.H. [MA6489]] [BOEK IV bladsy 384].
In die SNOW/BLIGNAUT M.M. Bybel [MA1969-954] [BOEK V bladsy 416] word die storie vertel Kommandant  Jan VILJOEN en sy perdekommando wat gedurende 1864 Ds. Lion CACHET se preek onderbreek het toe hulle hom met swepe van die plaas Koedoesfontein verwilder het.
Met die finale ooreenkoms tussen die Wes-Gautengtak en Museum Afrika het die direktrise toestemming  verleen dat die foto's publiseer mag word. Die plan is dat hierdie foto's later op die e-GGSA se, "Famliy Bibles Inscription Pages Project", publiseer sal word om dit vir 'n baie wyer publiek toeganklik te maak.
Baie dankie vir Lucas Rinken en Giel Nel wat my gehelp het – al het ons soms geskrik, meestal het ons van blote opwinding spontaan begin lag.
Die Wes-Gautengtak wil graag die skenkers bedank vir hul toestemming om die foto's te neem en vir die nageslag te bewaar.
Klik op 'n foto om te vergroot
{artsexylightbox path="images/stories/Wesgauteng/Bybelprojek/gendata" cloudCarousel="true" previewWidth="90" autoRotate="true" previewHeight="86"}{/artsexylightbox}