Pennevrugte van die GGSA se Genealoë
Die amateur genealoë van Suid-Afrika het spoedig besef dat maande en jare se navorsing nie kan lê en stof vergaar nie. Meeste van die navorsers het egter nie oor die bronne beskik om hul werk te publiseer nie. Die GGSA het besef dat navorsing op dié manier verlore kan gaan en het besluit om die uitgewershoed op te sit. So is 'n nuwe rigting ingeslaan en het die GGSA daarin geslaag om navorsingsresultate soos die Killians, die Du Toit Register en die Kriels—sommer gewone mense, en nog meer, die lig te laat sien. Die meeste van die produkte is ook op CD beskikbaar. Kleiner families word saamgegroepeer en in 'n Omnibus gepubliseer. Sodoende word die inligting ook vir ander navorsers beskikbaar gestel. Daar het reeds 7 Omnibusse die lig gesien. Die GGSA streef daarna om die kostes van die gepubliseerde werke so laag as moontlik te hou.Klik op hierdie skakel om 'n lys van die produkte te sien.
Nadat jy besluit het wat jy wil bestel klik op hierdie skakel
Jy kan ook produke aankoop by die e-GSSA se e-winkel. Gaan na hierdie skakel en volg die stappe: http://www.eggsa.org/cgi-bin/esales_dc.pl