Die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika

Kwartierstaat

Helena Garner se Kwartierstaat

Helena Garner 1Helena Garner is in Pretoria op 25 Julie 1940 gebore. Sy is die dogter van Thomas Ignatius Jacobus Kriel en Maria Louisa Erasmus. Sy is 'n gebore en getoë Pretorianer en het die Laerskool Genl. Jacques Pienaar, Capital Park, Pretoria van 1946-1950, daarna 'n ruk by die Laerskool Rayton en vanaf 1953-1957 die Hoërskool Wonderboom, Pretoria waar sy matrikuleer het. Sy behaal haar BA (Bibl.) 1960, Universiteit van Pretoria.
Helena trou op 23 November 1963 in Pretoria met Dudley Garner. Drie seuns word gebore: Dudley Garner * 24 Januarie 1966, Pretoria, Thomas Garner * 19 Februarie 1968 en Gerald Louis Garner * 2 Desember 1971, Pretoria
Helena vertel: “My pa kom uit ‘n groot familie. Hulle was dertien kinders waarvan elf volwassenheid bereik het. Nege van lg. was seuns. Vandat ek my verstand gekry het, was daar gereeld familiebyeenkomste gehou. Dit is altyd by die ooms wat geboer het se plase gehou. Die elf Kriels het dan met hulle vrouens en kinders gekom en vir die hele naweek is daar volgens ‘n program byeenkoms gehou. Dit het ‘n baie groot indruk op my gemaak. Ons niggies en neefs ken almal mekaar en daar is/was baie van ons! Terwyl ek kinders grootgemaak het, het ek altyd as iemand sterf, ‘n aantekening gemaak en dit gebêre vir eendag wanneer daar tyd sal wees om alles uit te pluis. Toe ek in 1988 in Merensky Biblioteek by Tukkies ‘n aanstelling as katalogiseerder kry, het ek die voorreg gehad om die Aficana-materiaal te ontsluit. Dit het meegebring dat al die gepubliseerde familiegeskiedenisse op my lessenaar beland het. Skielik het ek besef dat die tyd vir aksie nou aangebreek het. Ek het gereeld die RGN besoek en inligting d.m.v. die mikrofilms daar beskikbaar, bymekaar gemaak. Gedurende naweke het ek dit dan op my 286-rekenaar ingevoer. My man en ek het jaarliks genealogiese togte onderneem en dan veldwerk gedoen. Dit was baie interessant en sodoende het ons baie mense ontmoet, al die argiewe besoek en baie begraafplase deurgestap om inligting te bekom. Nadat ek in 2001 afgetree het, kon ek alles begin afrond.
Helena se belangstellingsvelde sluit in: Kriel (Almal); Garner William Knowles 1838-1895; Erasmus Philippus Lodewicus 1800-1854; Baxter 1832 Northamptonshire - 1911 South Africa; Jansen v Vuuren Hermanus Stephanus 1934-1971; Lombard Pieter Jacobus 1881-1935; Wood Henry 1811 Yorkshire - 1861/71; Tack Gert Frans 1882-1951; Theunissen Lucas Marthinus 1848-1926; Van der Merwe Johan Erhard 1845-1908; Robbertze Johannes Hendrik Francois 1872-1950; Van Rooyen Andries Johannes 1813- en Van Rooyen Dirk Willem 1790-
In 2010 is Helen se boek oor die Krielfamilie gepubliseer. “Die Kriels, sommer gewone mense.”
Sy het haar kwartierstaat in MS Word formaat opgestel.

Klik hier om die kwartierstaat te sien

Rina Naude se Kwartierstaat

Reeds in haar tagtigerjare, het Rina Naude die taak aangepak om 'n kwartierstaat van haar self aan te pak. Wat hierdie poging so besonders maak is dat sy nie oor 'n genealogie rekenaarprogram beskik nie en het MS Excel gebruik om die kwartierstaat te voltooi. Klik op hierdie skakel om die pragswerk te sien Rina Naude