Natal Midlands Branch

Jaareindbyeenkoms 2011

alt

 

Op die foto verskyn 'n paar van die 29 lede wat die tradisionele jaareindbyeenkoms bygewoon het wat vanjaar by die skilderagtige Hydrangea House in Hilton gehou was. Vir ons Howick lede was dit 'n korter afstand om te reis. Dit was 'n ideale geleentheid vir ons nuwer lede om met ons meer ervare navorsers te gesels, insonderheid Shelagh Spencer, Dr. Mike O'Connor, Tessa King, Pam Barnes, Rodney Coyne, Eckhard von Fintel en Val Ward.

  • Hits: 5648

End of Year get-together 2011

alt

Â

Pictured are some of the 29 members who attended the traditional end of year get-together held at the picturesque Hydrangea House in Hilton . This made it less distance for our Howick members to travel. It was an ideal opportunity for our newer members to chat to more experienced researchers. Notably ,Shelagh Spencer, Dr. Mike O'Connor, Tessa King, Pam Barnes, Rodney Coyne, Eckhard von Fintel & Val Ward.

Â

  • Hits: 15235

Ontmoet ons lede - Dr Krish Moodley

Dr Krish MoodleyDr Krish Moodley is 'n afgetrede spesialis in verloskunde en ginekologie. Hy is reeds vir 'n aantal jare lid van Die Familiegeskiedenis Vereniging en was in besonder behulpsaam om Indiërs by te staan met hul navorsing oor hul Gekontrakteerde Arbeider voorouers. Hy het ook al by twee geleenthede praatjies by die tak gelewer.

Sy grootmoeder, Annamah Vather, was 'n heel kleurvolle karakter en hy het 'n fassinerende artikel oor haar aan die Witness gestuur. Sy het as 16-jarige bruid na Suid-Afrika gekom, saam met haar nuwe eggenoot, 'n 50-jarige Grootoom van haar. Met haar afsterwe het sy verskeie eiendomme besit en was die tweede grootste betaler van eiendomsbelasting in Pietermaritzburg.

Die Genootskap vind dit besonder moeilik om Indiërs behulpsaam te wees weens die probleem om dokumente te bestudeer wat deur die vorige Departement van Indiërsake, nou Binnelandsesake, bewaar word.

  • Hits: 3168