Compendium

Sterftekennisgewings en Boedelrekeninge - OVS

By hierdie skakel kan die eerste afdeling in wat mettertyd 'n reeks van geïndekseerde Vrystaatse boedellêers sal word, besigtig word. Die indeks is deur Jan van Jaarsveld opgestel. Hierdie dokument beslaan die indeksering van gegewens vervat in 104 boedelleers met betrekking tot inwoners van die Republiek Oranje Vrijstaat wat tussen 1846 en 1900 gesterf het. Die gegewens is ontrek uit mikrofilm no. 1367688 wat in die argief van "The Church of Jesus Christ of Latter-day Saints" in Salt Lake City in die VSA geberg word. Volle erkenning word aan "The Church of Jesus Christ of Latter-day Saints" wat die bron van die informasie is, verleen.

Klik Hier/Click Here

  • Hits: 8754

Voortrekker Troues-Jan van Jaarsveld

Jan van Jaarsveld het die lys van 52 huwellike wat skynbaar tussen 1838 - 1840 in die "laer" van Kommandant Generaal Andries Hendrik Potgieter voltrek is oorgeskryf uit die Huweliks Register van die Nederduits Hervormde Kerk te Potchefstroom. Volgens Ds Dirk van der Hoff is die lys opgestel uit "los bladsye" wat in 1853 deur "Ouderling Eloff" in Rustenburg ter hand gestel is. Afskrifte van die oorspronklike bladsye is aan die einde van die dokument aangeheg.
Klik hier om die Register te sien

  • Hits: 9129

Different perspectives in researching Genealogy

Abrie de SawrdtAbrie de Swardt, the chairman of the Southern Cape Branch of the GSSA investigated varoius approchaes for researching family. He mentions a familiy heirloom that can bring to the fore the lineage of a family linked to a timeline. Then we find how history linked with politics can bring to bear how families link, sometimes as opponents and then how sport allows one to delve into the family register of specific families and the role of DNA in bringing to bear famous sport personalities. Indeed a thought provoking article.
Click to read more

  • Hits: 8549

Genealogie as anker vir ons kinders

Die Noord-Tranvaalse tak van die GGSA vier hierdie jaar ons 50tigste bestaansjaar. Almal doen ons navorsing met die oog op die instandhou van ons familiegeskiedenis en dit is ook redelik bekend dat belangstelling in familiegeskiedenis gedurende die laaste dekades wêreldwyd toegeneem het. Tog voel die navorsers nie noodwendig altyd die vreugde daarvan in eie geledere nie, naamlik dat ons eie familie en nageslag noodwendig die werk raadpleeg of in hul skik is met ons arbeid nie. Familienavorsing kan egter van groot betekenis wees: soms wanneer na grondeise gekyk word, maar ook op die dieper sielkundige waarde wat te doen het met enkelinge en groepe se herkoms en identiteit.
Klik hier om die volledige artikel te lees

  • Hits: 8226