(KAB 1/STB 13/21) Uit die dokument blyk dit dat Claas sedert 1700 in die omgewing van Paarl/Drakenstein gewoon het asook in die Stelenbosch omgewing. Hy word in 1700 vermeld as 'n "voetvolcheren te Drakenstein onder draagonder Barent BURGER tot 1701 sy naam onder Burger vermeld tot 1705 en hy is afweisig van die jaarlikse oefening in 1702 en 1705. In 1705 word sy naam verskuif na die "infanterye) van Drakenstein onder bevel van "den Edele Capiteyn Herdules DES PRES" (Hercules DU PREEZ) tot 1707. Claas word van 1708 tot 1712 vermeld as onder bevel van Drik CA...TSH van die Stellenbosch "Infanterye". Op 31 Maart 1712 word Claas oorgeplaas na Kaptein Abraham DE VILLIERS van Drakenstein vir 1712 en 1713. 1714 en 175 dien hy onder Matthijs KREUGEL (Matthijs KRUGEL) en in 1715 ook vermeld onder as 'n draagonder onder bevel van "Capitain" Jan OBERHOLSTER en in 1716 weer onder Mathijs CRUGEL, wat egter doodgetrek word. Was Claas in 1716 van so 'n hoë ouderdom dat hy nie meer diens hoef te gedoen het in die jaarlikse militêre oefening nie, hy sterf in 1719.
Hy word in 1707 as 'n vryburger van Stellenbosch vermeld. Hy het 'n buite-egtelike verhouding met Elisabeth / Christina VAN DE KAAP, 'n vrou van KHOI/SAN herkoms.
Sy is afkomstig uit die KHOI/SAN bevolking van die Kaap. Twee van haar dogter se vroulike nasate, Naomi Elizabeth HAUPT getroud met Paulo DE VALDOLEIROS, dogter van Charles Alberth HAUPT en Werna LOOCK, laat doen in 2008 'n mitokondriese DNA toets by die MRC/NHLS/WITS HUMAN GEONOMIC DIVERSTY AND DISEASE RESEARCH UNIT (HGDDRU) asook Penelope Mary BOND, getroud en geskei van Michael BOWES, dogter van William Robert BOND en Penelope Elfrieda BRIGHT. Die toetse se uitslag plaas haar in die L0d2 haplogroep. Die L0 haplogroep is die oudste oorlewende haplogroep in die wêreld, dit word wydverspreid gevind in sub Sahara Afrika. Die groep word verder onderverdeel in die volgende haplogroepe: L0a, L0d, L0f en L0k. Die L0 haplogroep het ontwikkel ongeveer 100 000 jaar gelede. Die L0d word gereken die oudste van die L0 stamme te wees en is algemeen aan die Khoi en San bevolking van Suidelike-Afrika. Dit word ook gevind in frekwensies van 4 tot 40% in verskillende Suidoostelike Bantoesprekende stamme. Hierdie haplogroep word verder verdeel in L0d1, L0d2 en L0d3. Die verspreiding van die haplogroep L0d en sy subverdelings dui sterk daarop dat dit sy oorsprong het in die Khoi en San voorsate, voor die aankoms van die Bantoesprekende bevolkingsgroepe in Suidelike-Afrika.
Kind uit die verhouding
b1 Elizabeth VOOGD * c 1705 + na 12/07/177 (Sy word op die datum benoem as erfgename in haar dogter Johanna Catharina se testament.), Volgens Diederik se testamente van 13 April 1747 en 6 Mei 1765 word sy 'vrou' 'de vrije bastarden' Elizabeth VOOGD genoem, sy is vir meer as 50 jaar in ‘n saamwoon verhouding met Diederik NIEMANN * 1697 = NGK, Kaapstad (KAB VC604) NGK, as getuies teken Dietrich Putter en Sara Putters.Sy naam word as Dieter/Dirck aangeteken in die doopregister., + na 12/07/1777, hy word op die datum benoem as erfgename in sy dogter Johanna Catharina se testament.
Uit hierdie verhouding is daar uiteindelik 9 kinders gebore. Drie van hulle dogters sou dan ook die stammoeders word van onderskeidelik die BEUKMANS, die POTTASSE en een van die SPIES families.
1ste testament:
(KAB 1/STB 18/10.50) Laaste wens en testament van Diederik Nieman van Cabo de Goede Hoop "siekelijk te bedde leggen" maar gesond van verstand. Opgestel op 13 April 1747 om 7 uur die aand te Stellenbosch.
Hy bemaak aan sy Seun Jan Nieman sy ryperd, 'n bruin merrie met 'n kol op die voorkop, tesame met die saal en ander toebehore sodat Jan die perd kan gebruik vir sy werk as 'n dragonder. Die restant van sy boedel bemaak hy in gelyke dele aan al sy kinders:
1.  Jan - ongeveer  24 jaar oud   2.  Lysbeth Margriet -  20 jaar   3. Johanna Catharina -  18 jaar   4.  Claas -  15 jaar   5.  Pieter - 13 jaar  6.  Christina - 12 jaar   7.  Diederik - 9 jaar   8.  Frederik - 5 jaar   9.  Mietjie  - 3 jaar, "alle verwekt by een Inlandsche vrouwe".
2de testament:
(KAB 1/STB 18/14.51) Die testament wat opgestel is in 1747 word herroep en die volgende laaste wens en testament word opgestel in Stellenbosch op 6 Mei 1765. Die testateur, Diederik Niemand, was weereens siek in die bed maar gesond van verstand.
"....Zoo verklaar der Testateur als nooijt getrouwd gewezen zynde no geene ouders in't leven hebbende aan wien enige geregtelijke makinge beskuldig is, tot zyne enige en universeele erfgename te noemen en te instiuteer gelijk doen by deesen, de Vrije Bastaardinne Elizabeth Voogd, nevens hare seven kinders in name:   1.  Jan Nieman   2. Elizabeth Margaretha Nieman getroudt met de Landouwer Cristoffel Beukman   3.  Johanna Catharina Nieman getroudt met de Metselaar Philip Petrus Spies   4.  Claus Nieman   5.  Pieter Nieman   6. Frederik Nieman 7.  Maria Nieman.
Die skrywer van die artikel is tans besig om haar nasate aan te teken en hulle kom teen 2013 in meer as 2000 vanne in Suid-Afrika voor en is verspreid oor al die kontinente van die wêreld.