'n Nuwe afdeling is toegevoeg tot die webblad om sodoende al die transkripsies wat ons beskikbaar het bymekaar te bring. By Suid-Afrikaanse Getranskribeerde Rekords kan u nou die Monsterrolle, Kaapse Doop en Huwelike 1665-1696 kry. Dit is deur Corney Keller hersien en gekorrigeer en hy het ook nou 'n transkripsie van die Kaapstadse NG Kerk huwelik 1698 tot 1712 bygevoeg. U sal ook sommige vroeere dope en huwelike uit die De Stael briewe van die Amsterdam Classis, wat Corney in die Amsterdam argief opgespoor het en toestemming bekom het vir dietranskribering van die briewe - briewe verslae aan Amsterdam van Peter
Stael, sieketrooster aan die Kaap vanaf 1654 tot 1663. Daarbenewens is daar ook 'n transkripsie van die Franse doop register van Drakenstein, 1694 tot 1713 met vertalings in Engels.

Corney het verder ook skanderings van 25 soldy boeke van die vroeë 17de en 18de eeu setlaars aan die Kaap bekom way met die toestemming van die Nationaal Archief, Den Haag, Nederland vertoon word. 'n Aantal kom ook met 'n transkripsies ingesluit.