Nuusbrief Mei 2014

1413 Downloads

Nadat ons in die Suid-Afrikaanse Familieregister (SAF/SAG) of in die baie handige webwerf Stamouers http://www.stamouers.com/ gekyk en vasgestel het, dat dié bepaalde voorouers wel van Nederland af komstig is, wil ons nou meer uitvind van hulle ouers en grootouers in Nederland. Danksy die digitalisering en transkribering van Nederlandse argiewe kan ons nou hierdie soektog in ons eie huise en op ons eie rekenaars aanpak.
2. WAS STAMVADER ‘N BEMANNINGSLID OP ‘N VOC-SKIP?
Indien die stamvader gedurende die jare 1652-1798 in die Kaap aangekom het, is die kanse goed dat hy as ‘n amptenaar van die VOC of as ‘n bemanningslid op een van hulle skepe gekom het. Die VOC was nie die enigste redery van die tyd nie, maar wel die grootste en het vanaf 1700 tot 1795 bykans 655 0001 mense vervoer. Die verkeer van mense via, na en van die Kaap sou dus ook besonder groot gewees het.

File Name: Nuusbrief Mei 2014.pdf
Category: West Gauteng Newsletters
File Size: 1.43 MB
File Type: application/pdf
Hits: 44 Hits
Download: 1413 times
Created Date: 07-08-2019