Die Delwer Februarie 2021 The Digger

12 Downloads

Die Delwer Februarie 2021 The Digger
My liewe Leser
Hier is ons al aan die einde van die tweede maand van 2021 – en nog is dit nie die einde van die vrese vir covid-19 nie. Ek hoop julle was nog julle hande – maar moenie dit in sogenaamde onskuld doen nie.
Ek het twee heerlike stories van ons lede gekry: Die eerste is deur Johan Lourens oor ʼn vloek wat skynbaar regtig oor ʼn plaas uitgespreek is. Regtig egtig? Vir jou om te beluit.
Die ander is deur Kobus Van Dyk oor Baliesgat – dis net so ʼn lekker storie om te lees.
DIE VLOEK VAN RATELRIVIER
Die plaas Ratelrivier in die Strandveld is ’n landgoed met ’n tragiese geskiedenis. Daar word beweer ’n vloek rus op hierdie geskiedkundige plaas. ’n Deel van die plaas - die perdestalle en van die huise - het in 2009 groot skade in ’n brand gely. Die ander geboue wat die brand vrygespring het, ingesluit die ou herehuis, het in ’n vervalle toestand verkeer.
BALIESGAT KOUE BOKKEVELD
Dit is tog so jammer dat oumense moet sterf. Hulle het so baie geskiedenis wat hulle met hul saam neem graf toe. “Ek het al gewonder of Telkom nie vir ons ‘n telefoonlyn kan installeer nie, sodat ons al ons vrae kan vra, die vrae wat nooit gevra is nie.”