Die Delwer / The Digger April 2020

3 Downloads

Die Delwer / The Digger April 2020

VAN DIE REDAKTEUR

My liewe Leser Ek hoop julle elkeen is veilig en gesond – dit lyk my asof hierdie covid-19 nie kieskeurig is nie. Hoe ervaar julle dit? Vertel my asseblief. En as jy grafika het, voeg dit by jou storie

DIE DAG TOE EK MY MA WEER GESIEN HET ELIZABETH MARGARET COERTSE (VORSTER) 22 FEBRUARIE 1923 - 10 OKTOBER 2005

Toe ek die Kellogg's Value Pack Cornflakes bôks oopmaak, toe raak ek verlore in die goeters van my ma, Lizzie, Lizy, Liz, Bettie, Betty, Skat, Tannie Bettie of soos ek haar geken het "Moeder." Nooit "Bessie" nie, want sy het 'n sterk Engelse basis vanaf Greenwood Park, Durban saamgedra.

STORIE VAN LUCAS RINKEN OOR SY NAVORSING

Lucas Rinken het my hierdie storie per e-brief gestuur; ek beskou hom saam met Dennis Pretorius, Richard Y Ford en Richard Wolfaardt as van ons Wes Gauteng Tak se reuse tussen die genealoë. Baie dankie Lucas ek publiseer dit graag. Ek publiseer die genealogiese tabel van NICHOLLS aan die einde van Lucas se brief.