dennis pretoriusDennis is op 6 Des 1947 in Bloemfontein as die derde kind van Johannes Hendrik Pretorius en Sarah Helen le Pierre Boshoff gebore
Hy ontvang skoolopleiding by Grey Kollege, Bloemfontein tot 1961 en word daarna 'n Transvaler by Florida Hoërskool tot 1963. Hy werk na skool by SAS en H en studeer deeltyds aan die Universiteit van Suid Afrika.
Gedurende hierdie jare ontmoet hy vir Minnie Pretorius, destyds student-onderwyseres aan die Goudstad Onderwyskollege. Hulle trou in 1969 in Dundee, Minnie se geboortedorp, en twee dogters en ‘n seun word uit hierdie huwelik gebore.
Hy dien 17 jaar op die bestuur van Krugersdorp Publisiteit – later Mogale Toerisme – en is tans die Direkteur van Mogale Toerisme. Sedert 1991 is hy lid van Krugersdorp Rotary Klub en gedurende 1993 President van die Klub – tans Tesourier van Rotary Krugersdorp.
Dennis is vanaf 1998 ‘n ywerige navorser van familiegeskiedenis en stigterslid en voorsitter van die Wes-Gauteng Tak van die Genealogiese Genootskap van Suid Afrika. Hy dien vir etlike jare op die Nasionale Raad van die Genealogiese Genootskap van SA.  
Dennis is passievol daaroor om aangenome kinders te help om hulle biologiese ouers te vind.