{module SuidkaapStigterslede}

Op Vrydag 24 Augustus is nog 'n mylpaal in die geskiedenis van die Genealogies Genootskap van Suid-Afrika behaal. 10 Vrywilligers het in George ontmoet en nadat Simon du Plooy, die voorsitter van die Noord-Westak, die geesdriftige aanwesiges toegespreek het oor wat dit behels om 'n nuwe tak te stig en wat die implikasie daarvan vir die bestuur is, is daar eenparig besluit om tot takstigting oor te gaan. Die grondslag vir die totstandkoming van die tak is gelê by die Genealogie Werkswinkel wat onder leiding van Alta Griffiths van die e-GGSA, gedurende Maart 2012 op George plaasgevind het.
Die Suid-Kaaptak sal George, Knysna, Mosselbaai, Oudtshoorn, Plettenbergbaai en selfs so ver as Stilbaai bedien. Die hou van vergaderings en verdere logistieke aspekte sal nog bepaal word.
By die nuutgestigte tak is daar alreeds heelwat familienavorsing  deur die stigterslede van die tak gedoen. Navorsing op vanne soos Stewart, de Swardt, Evans, die Vissers van die Sandveld, Estherhuyse en Barkhuizen is al in 'n gevorderde stadium. Die stigterslede is aktiewe navorsers en Wilkie Barkhuizen is lid van die Barkhuizen Familibond.
Die voorsitter van die tak is Wilkie Barkhuizen, die ondervoorsitter is Abrie de Swart, die sekretaresse is Merene Lategan en die tessourier Daan Visser.