{module Humansdorp-2013}
kliek om die prentjies te sien

Museumdag in Suid Afrika was gevier om aandag te vestig op die toestand van Museums in die land. Ek was genader om deel te neem aan die Humansdorp Museum Uitstalling waar ek eGGSA se Uitreik Program kon bevorder.

Ek, Trudie Marais, en ons eggenotes Tinus en Ludwic het al voor sonop vertrek om betyds te Jeffrey's Baai Fountain Mall te arriver om 8 vm gereed te wees vir die uitstalling. Voordat ons gereed was met die opstel van die uitstalling van eGGSA het die eerste belangstellendes gearriveer. Van daardie oomblik was dit n aaneen stroom mense wat navrae oor vanne, name en families gedoen het. Sommige van hierdie persone het egter uitgestaan as gevolg van hulle navrae.

WILLIAMS – n Jong paartjie wat nou in Mexico woonagtig is. SCHARNIK – n Aangename man wat desperaat was om alles van sy voorsate uit te vind. OLIVIER – Hom kon ons help deur hom te verwys na een van die Jeffrey's Baai-groep wie besig is met navorsing van die OLIVIERS en wie op daardie oomblik by ons kom inloer het. DEYSEL – (Duitse afkoms) Hierdie person het ons verwys na n person wie n stalletjie in die arkade beman het en wie die volledige boek oor die DEYSEL stamboom het. FOWLDS – Yvonne wat soek na haar ouers (COCKROFT/FOWLES) huwelik. ARENDT – Doen navorsing van sy Duitse familie en het lekker gesprek gevoer met Trudie MARAIS, leier van die Duitse Groep in Port Elizabeth.

Ongelukkig kan ek nie die van onthou nie, maar die beste storie van die dag was n dame wat niks van haar familie geweet het nie aangesien haar vader in n weeshuis groot geword het. Sy kon my net sy naam en geboorte datum verskaf. Groot was haar verbasing toe ons die familie opspoor en haar kon meedeel dat haar pa een van twintig kinders was.

eGGSA het toestemming verkry om n ou HUMAN register wat in die museum bewaar word asook n aantal familie bybels, te kan gaan fotografeer. Ek sal dit so gou as moontlik gaan doen.

Verskoon ons as ons onsself op die skouer klop aangesien dit duidelik was date eGGSA se stalletjie by verre die meeste aandag geniet het. Die gevolg was dat ons n besige dag gehad het met hulp aan verskeie mense en kon ons meeste In die regte rigting stuur.

Ek glo deur die Uitreik Program bereik ons baie mense wie nie besef het dat hulp beskikbaar is nie en dit bewys dat die Uitreik Program sy doel bereik.