Judith Susanna Hendrika Meyer (Marais) is as enigste dogter van Pieter Frederick Ernst Marais en Judith Susanna Hendrika Marnewick op 26 April 1951 in JohannesburgJudim gebore. Die 5de naamdraer van die name.
Op 12 jarige ouderdom trek ons as gesin na Randfontein aan die Wesrand waar ek my skoolloopbaan aan Hoërskool
Riebeeck voltooi in 1968.
Daarna was ek op die destydse Potchefstroomse Onderwys Kollege as baie trotse Poot in dieselfde koshuis as my eks onnie en geliefde vriend oorlede Dr. Connie Mulder, Ratau (Lêplek van die Leeu).
In 1971 trou ek met Johannes Petrus Meyer (Jan) wat ek in Potch ontmoet het, toe ‘n B.Com student aan die PU vir CHO, word en vandag na 43
jaar is ons steeds gelukkig getroud met 3 kinders, 2 seuns en 1 dogter en 8 wonderlike kleinkinders.
My belangstelling in Genealogie het in 1985 in aanvang geneem net na my vader se dood. Jan se neef, At Coetzee, ‘n Meyer nasaat van Rietfontein, die eens pragplaas van die Meyers in Bloemhof maar nou die Bloemhof dam, het ‘n nuusbrief uitgegee oor hul Meyer lyn, Johan Georg Meyer vanaf Bebleheim in Frankryk. At het die lyn
teruggewerk tot in die 1400's.
Soos almal van ons maar doen sluit ek toe per pos met ‘n tjek by die Wesrand tak aan en ontvang ‘n blou kaartjie en ‘n kwartaallikse Familia.
Daar het ek gebly en toe eGGSA 10 jaar gelede die lig sien, was al my kinders uit die huis en het ek meer tyd aan my stokperdjie gewy – tot die eerste kleinkind in 1994 die lewenslig aanskou en ek voltyds ouma geword het. Die liggies van my lewe.
Tog het ek betrokke gebly en later by Genesis as redakteur op die bestuur gekom en nou by die NUK as sekretaresse.
My grootste liefdes is my gesin en behalwe vir die groot hartseer van een kind in die fleur van haar lewe af te gegee het a.g.v. ‘n motor ongeluk het my Vader my nog altyd net geseën.
My Godsdiens is my grootste Anker.