petroPetro Coreejes-Brink is in 1973 in Bellville Wes-Kaap gebore en het skool gegaan by Brackenfell laer- en hoërskole. Sy het aan die Universiteit van Stellenbosch gestudeer en die grade B. Bibl. Hon BA en 'n MA in Kultuurgeskiedenis verwerf. Vir die afgelope 15 jaar is sy by die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie betrokke waar sy tans die pos van Senior Bibliotekaris beklee. Sy is verantwoordelik vir agt takbiblioteke en dié biblioteke se gemeenskapsuitreikaktiwiteite.
Sy is die President van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika (GGSA) en is betrokke by verskeie genealogie projekte van die GGSA, onder andere die begraafplaasprojek, waar sy haar liefde vir hierdie vakgebied as deel van die Genootskap uitleef.
Petro is met Sybrand Brink getroud en hulle het twee kinders. Haar navorsingsbelangstelling is die vanne: Coreejes, Pheiffer en Van Sittert.
Sy was ook vir 'n aantal jare betrokke in 'n bestuurshoedanigheid, op beide tak en nasionale vlak, by die SA Vereniging vir Kultuurgeskiedenis (SACTU).