N-Tvl Brokkies/Snippets

Zabeth Botha van die argief van die Erfenisstigting by die Voortrekkermonument het op Saterdag 13 Oktober die lede van die Noord-Transvaaltak aan haar lippe laat hang met haar voorlegging oor die Argief.

As ‘n belangwekkende internasionale navorsinginstituut besit die Argief waardevolle bronne oor verskeie fasette van  die Suid-Afrikaanse geskiedenis en kultuurgeskiedenis. Die Argief bestaan uit unieke dokumenteversamelings, foto's, argitekstekeninge, kaarte en oudiovisuele materiaal.
Ses Geesteswetenskaplike dissiplines word hier  beoefen - Geskiedenis en Kultuurgeskiedenis,  Erfenisbewaring wat  Argeologie (terreine, geboue, grafte en monumente,) en Museumkunde insluit (hoofsaaklike beweegbare voorwerpe van kultuurhistoriese belang, en die Argief- en Biblioteekwese.
Genealogiese inligting kan gekry word in die Privaatversamelings wat die persoonlike argiefversamelings van bekende en minder bekende persone  wat ‘n bydrae gelewer het tot die kulturele en geskiedkundige aspekte van die Afrikaanssprekende samelewing in:
Die Afrikaners wat na die Anglo-Boereoorlog na Duits-Oos-Afrika verhuis het, ens.
Meeste van hierdie versamelings  bevat ‘n biografie, familiegeskiedenis, foto's, herinneringe  en geslagsregisters.

{artsexylightbox path="images/NTvlFotos/Argief_op_ons_voorstoep" previewWidth="250" previewHeight="25000" thumbnailPath="images/thumb_folder"}{/artsexylightbox}

Navrae kan gerig word aan This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Voortrkker Collage jpg formaat

Tydens die Mei byeenkoms van die GGSA N-Tvl Tak is daar tyd ingeruim om lede van die Rietvlei Voortrekkerkommando touwys te maak met familienavorsing. Sunelle Bruwer van die Voortrekkers het 'n leidende rol gespeel om die lede van dié Kommando en die N-Tvl Tak by mekaar uit te bring. ʼn Wye reeks onderwerpe is kortliks bespreek en daarna is hulle na die biblioteek by die Erfenisstigting geneem. Hier het hulle kennis gemaak met die bronne wat gebruik word vir genealogiese navorsing en hoe die rekenaar as hulpmiddel ingespan kan word. Die gebruik van die SAG en SAF Volumes is gedemonstreer asook verskeie ander familieregisters is aan die jongelinge beskikbaar gestel By die Tak se byeenkoms op 4 Augustus het twee van die Voortrekkers kom vertel hoe hulle weggeval het met familienavorsing. Christo Louw en Nel Nieuwoudt het hul ervarings tydens hul navorsing met die lede van die van die Tak gedeel. Luister na die klanksnitte van Christo en Nel deur op die skakels hieronder te klik. Regsklik op die skael en kies "Open in a new Window.'

  Aflaai skakel -> (regs kliek "save as" om af te laai)

 

  Aflaai skakel -> (regs kliek "save as" om af te laai)

 

Die bekendstelling van sy boek "Barkhuizen Familieregister was vir Johan Barkhuizen die vervulling van ʼn lewenslange droom. Dit span die kroon op bykans 40 jaar se navorsing. Rentia Landman die voorsitter van die Noord-Transvaal Tak van die GGSA het Johan se toewyding en volharding om hierdie werk publiseerbaar te maak aangeprys. Johan het kortliks verduidelik hoe hy te werk gegaan het met sy navorsing. Hy het omvattende argivale navorsing oor die stamvader gedoen. Die DNS projek , navorsing oor die familiewapen, die Barkhuizen's se betrokkenheid by die Anglo-Boereoorlog en meer, verskaf interessante inligting oor die familie. Die publikasie is ʼn belangrike toevoeging tot genealogiese navorsing in Suid-Afrika. Skakel Johan by johanbybarkhuizen.co.za. Vervang die by met @Die bekendstelling van sy boek "Barkhuizen Familieregister was vir Johan Barkhuizen die vervulling van ʼn lewenslange droom. Dit span die kroon op bykans 40 jaar se navorsing. Rentia Landman die voorsitter van die Noord-Transvaal Tak van die GGSA het Johan se toewyding en volharding om hierdie werk publiseerbaar te maak aangeprys. Johan het kortliks verduidelik hoe hy te werk gegaan het met sy navorsing. Hy het omvattende argivale navorsing oor die stamvader gedoen. Die DNS projek , navorsing oor die familiewapen, die Barkhuizen's se betrokkenheid by die Anglo-Boereoorlog en meer verskaf interessante inligting oor die familie. Die publikasie is ʼn belangrike toevoeging tot genealogiese navorsing in Suid-Afrika en verder. Skakel Johan by johanbybarkhuizen.co.za. (Vervang die by in die adres met @)

Klik op die foto's om te vergroot. {artsexylightbox path=" images/NTvlFotos/Barkhuizen/" previewWidth="100" previewHeight="100" thumbnailPath="images/thumb_folder"}{/artsexylightbox}

AGTERUIT VORENTOE op die Afrikaners se spore in Oos-Afrika.
Marlene Schoema aan die woordMarlene Schoeman.
Sedert 2012 tot en met haar aftrede aan die begin van 2016 was sy die Hoof van dieNG Kerk Argief 
Talle Suid-Afrikaners het in Oos-Afrika gaan woon in Duits- en Brits-Oos-Afrika. Daar kan tereg gevra word, waar soek ons na hulle inligting?
Heel eerste gaan soek ons in die registers van die gemeentes waaraan die trekkers oorspronklik behoort het in die vroeë 1900's, voor die uittog
na Oos-Afrika! Die meeste trekkers was NG Kerk lidmate, maar daar was ook dié van die Gereformeerde Kerk. Kom gerus, dan wandel ons
saam terug op hulle voetspore in dié deel van Afrika.

Klik hier-Marlene se uitdeelstuk met waardevolle informasie