Johan Barkhuizen
Klik op die foto's om te vergroot
Baie mense, en veral jongmense, sal nie juis ʼn boek oor familiegeskiedenis deurlees nie. Veral as die boek eintlik meer ʼn naslaanbron met lyste familieregisters en slegs ʼn vervelige feitelike aanbieding oor die mense is. Ek het alternatiewe publikasies ondersoek om ʼn familiegeskiedenis met groter realiteit aan te bied. Ek begin by die verbetering van ʼn gedrukte boeke en beweeg dan na elektroniese publikasies wat baie groter interaksie met die leser/kyker het.
Twee belangrike konsepte wat regdeur ter sprake kom, is dat ʼn navorser die inligting vir lesers moet interpreteer en van soveel visuele elemente as moontlik moet gebruik maak. Dit help nie om net rou bronne soos briewe, foto's, sterfkennisse ens vir mense te gee nie. Jy moet die storie vertel.
By gedrukte publikasies, soos boeke, kan realiteit verhoog word deur foto's kaarte, grafieke, tabelle en ʼn goeie argument in die verhaal. Vertel ʼn goeie storie. Dit beteken ons interpreteer die inligting vir ons lesers. ʼn Argument bestaan uit die volgende elemente, maar vir ʼn goeie storie is al die elemente nie belangrik nie.
ï‚— Sentrale Stelling /Claim
ï‚— Bewyse /Evidence
ï‚— Waarborg/ Warrant
ï‚— Kwalifiserings/ Qualifications
ï‚— Verwerp besware/Rebut objections
Ander gedrukte items wat realiteit kan verhoog is skematiese stambome en plakkate.

{artsexylightbox path="images/stories/Wesgauteng/Aktiwiteite/Realiteit" previewWidth="100" previewHeight="100"}{/artsexylightbox} Hierdie twee foto's weerspiel hoe bekende tegnologie aangewend kan word om jou familienavorsing op te kikker.


Kom ons beweeg nou na elektroniese publikasies.

{module DVD Disc}

Jy kan jou familieverhaal wat in ʼn Word dokument of ʼn PDF dokument is, op ʼn CD/DVD laai en mense lees dit op hulle rekenaar. Daar is op ʼn CD/DVD ook baie meer spasie vir foto's en ander elektroniese lêers. Dalk is die oplossing ʼn kombinasie van gedrukte boek en elektroniese publikasie– dit is in elk geval my gedagterigting op die oomblik om albei uit te gee. Daar bestaan reeds baie voorbeelde hiervan bv. Die Kruger familie, De Beer ens.
Die oomblik as jy na ʼn rekenaar toe skuif kan jy begin om klank, video en “hyperlinks” na webblaaie in te voeg.
PowerPoint. Die maklikste om jou storie te vertel met video's en klank sal ʼn PowerPoint aanbieding wees.
E-boek
Die verkope van e-boeke het tans gedrukte

{module e_Boek}

boeke verbygesteek. Ek het gaan ondersoek instel om my familieboek as e-boek uit te gee. Alhoewel daar maatskappye is wat jou e-boek sal uitgee, het ek self met “Acrobat Pro” ʼn PDF dokument geskep waarin video, klank en “hyperlinks” na ʼn webblad ingevoeg kan word. Hierdie PDF kan dan op ‘n tablet, Galaxy of I-Pad, met bv. die app “ezPDF Reader” gelees word. Jy kan dus na video's en klankopnames kyk, of na ʼn webblad gaan, as jy meer realisme wil hê as net woorde. Ander voordele is dat jy met die EzPDF reader boekmerke, aantekeninge (onderstreep, notas ens) in die boek kan maak.
Video/DVD

Kom ons kyk na ʼn video wat ek gemaak het met Windows se “Movie maker” (dit is altyd deel van Windows). Jy moet foto's, klankopnames (stemopnemer /selfoon), stukkies video's (digitale kamera of selfoon/tablet) en musiek (elektroniese lêer) byderhand hê en dan kan jy ʼn kort filmpie maak. (Begin sommer oefen met vakansiefoto's!). Hierdie kort snit gee mens 'n idee van wat gedoen kan word - dit is net 'n voorbeeld om jou aptyt vir hier medium te wek. Ander elektroniese element wat realisme verhoog is QR kodes. Op ʼn webblad bv. www.goqrme.com, kan jy maklik self die kode skep (die boodskap of webadres gee) en uitdruk. As jy bv. hierdie kode op ʼn graf met ʼn slimfoon of tablet skandeer dan kry jy inligting deur ʼn teksboodskap of koppeling na ʼn webblad met inligting oor die betrokke persoon wat daar begrawe is. Die skandeerder (QR barcode scanner) is ʼn gratis app op slimfone.
Daar is ten slotte ook nog genealogieprogramme (eintlik ʼn app) vir slimfone en tablette. Jy kan vir familielede ʼn Gedcom stuur om op hul selfoon/tablet te laai en saam met die app. het hulle die stamboom byderhand. Die bekendste apps is GedStar Pro en Family Bee.
Al klink die maak van ʼn video of e-boek te moeilik vir jou, is daar baie makliker maniere om groter realisme te verkry. My boodskap is eintlik maar dat jy net moet begin om jou familiestorie met realisme te vertel. Gebruik ʼn goeie argument om die boodskap duideliker te maak. Vul dit aan met tabelle, grafieke, kaarte en foto's. Maak gebruik van elektroniese media soos ʼn PowerPoint aanbieding saam met die boek. Maak kort stukkies video met Windows Moviemaker en jy kan selfs ʼn e-boek probeer.