Dr Krish MoodleyDr Krish Moodley is 'n afgetrede spesialis in verloskunde en ginekologie. Hy is reeds vir 'n aantal jare lid van Die Familiegeskiedenis Vereniging en was in besonder behulpsaam om Indiërs by te staan met hul navorsing oor hul Gekontrakteerde Arbeider voorouers. Hy het ook al by twee geleenthede praatjies by die tak gelewer.

Sy grootmoeder, Annamah Vather, was 'n heel kleurvolle karakter en hy het 'n fassinerende artikel oor haar aan die Witness gestuur. Sy het as 16-jarige bruid na Suid-Afrika gekom, saam met haar nuwe eggenoot, 'n 50-jarige Grootoom van haar. Met haar afsterwe het sy verskeie eiendomme besit en was die tweede grootste betaler van eiendomsbelasting in Pietermaritzburg.

Die Genootskap vind dit besonder moeilik om Indiërs behulpsaam te wees weens die probleem om dokumente te bestudeer wat deur die vorige Departement van Indiërsake, nou Binnelandsesake, bewaar word.