In die Nederlandse Nasionale Argief is 'n afdeling van rekords wat Ingekoomen Stukken van die Kaap die Goeie Hoop genoem word. Elke jaar het die administrasie aan die Kaap 'n bondel briewe en verslae, aan die Sentrale Administrasie in Nederland gestuur, vermoedelik met die retoervloot. Elkeen van hierdie bundels is vergesel deur 'n inventaris van die dokumente ingesluit.

Corney Keller het, in mikrofilm formaat, al hierdie inventarisse 1655-1683 deurgelees. Baie, seker die meeste van hierdie jaarlikse bondels het ' Lijste van alle de vrijeluijden ... " bevat, maar slegs twee is in werklikheid gevind, die van 1672-1673 en 1678-1679. Hierdie twee bevestig dat die dokumente die oorspronkelikes is, waarvan die VC transkriberings gemaak was. Benewens die 1681-1682 bundel bevat dit ook 'n Vrijboek, wat 'n lys van vryburgers is.

Hierdie transkripsies is nou op die eGGSA webwerf beskikbaar: Den Haag Lyste van vryburgers