Uittreksels van die Cape Frontier Times 1840-1853 word tans verwerk deur Sue Mackay van die oorspronklike koerante bewaar in die Britse Nasionale Argief te Kew. Die jare 1851-1853 is tot dusver voltooi en Sue het nou begin met 1847. Hierdie uittreksels kan saam met vele ander uittreksels van Suid-Afrikaanse koerante oud en nuut in die eGGSA Koerant Versameling, deur baie verskillende vrywilligers gedoen, gevind word.