Corney Keller vorder met sy transkripsies van die vroeë Kaapse NGK kerk registers en is nou besig met die huwelike van 1713 tot by 1756. Hy het tot dusver die jare van 1713 tot 1730 voltooi en hierdie kan in die eGGSA transkripsie biblioteek gesien word. Hierdie projek, wat hy in Maart 2012 begin het, dek tot dusver die vroegste kerk registers, van 1665 tot by die einde van die tweede registerboek 1712, dope en huwelike.

Daarbenewens het hy die verslae wat deur die sieckentrooster, Pieter van der Stael aan die Classis Amsterdam gestuur is, getranskribeer. Hierdie briewe dek die tydperk 1656 tot 1663, voor daar 'n gereelde dominee of kerkregister aan die Kaap was.

Hierdie transkripsies kan hier gevind word: The Van Der Stael Letters, en die geboortes en die huwelike in hulle vervat is onttrek en hier beskikbaar: Dope 1653 tot 1664 en Huwelike 1656 tot 1662.