Toe eGGSA aanvanklik aan Projek S (dis die transkripsie van die hele letter S in die 1984 Suid Afrikaanse Kieserslys, 'n hele 296 668 name en adresse) begin werk het, sou ons net vir ewig tik!! Julle moet weet, toe die S'e aanvanklik op my tafel aangeland het, het ek sommer my rekenaar vir 2 weke afgeskakel. eGGSA se oorspronklike plan vir die hantering van die projek was ook na die maan en ons moes 'n nuwe plan bedink. Die eenvoudigste was om almal wat net 'n moontlike belangstelling in 'n S-van sou hê, te kontak; selfs familie en vriende was nie veilig nie.

Oorspr MediaDie beeld hiernaas toon waarmee die transkribeerders te doene gekry het!

Die eerste transkripsies was met die begin van die 2010 Sokker Wêreldbeker gedoen. In die eerste kwartaal van die jaar het ons vir onsself egter 'n doelwit gestel om Projek-S teen die einde van Desember 2011 te voltooi. Ons het regdeur die Rugby Wêreldbeker getik en vandag het ons ons eie S-BEKER gewen!! Die transkribering van letter S is voltooi - 31 dae VOOR die keerdatum.

Baie dankie aan almal wat soveel ure aan die projek gespandeer het. Ons waardeer julle tyd, toewyding, geduld en vriendskap. Dit was vir my lekker om saam met julle te werk. 'n Groot dankie aan al die S-pensionarisse wat hulle dienste beskikbaar gestel het vir die transkribering van die ander vanne.

Alta Griffiths
(Koördineerder)

 Die Ererol (transkribeerder en getal name getranskribeer):

Alet Swanepoel, 4200  
Alta Griffiths, 26504 
Amanda Stander, 4033 
Annette Goussard, 3801 
Carmen van de Riet, 3570 
Carol Beneke, 10542 
Celeste Rachman, 20055 
Dalina van Zyl, 4242 
Dan Strydom, 5271 
Deirdre Eygelaar, 7519 
Erna Buber-de Villiers, 715 
Fay Lea, 588 
Frans Rudolph, 28603

Gert Schepers, 106 
Glynis Millet-Clay, 1053 
Hannetjie Riekert, 76550 
Heleen Nel, 11602 
Hobbie Stoffberg, 4819 
Jacobus Swanepoel, 7119
Jacqui Foster, 273 
Judi Meyer, 5271 
Karn Kruger, 1764 
Kobus Snyman, 3507 
Lee Marais, 273 
Levien Smuts, 13399
Melanie Smit, 5271 

Minnie Pretorius, 2814 
Paul Bosman, 819 
Paxie Kelsey, 3261 
Richard Atkinson, 5271 
Richard Wolfaardt, 26355 
Straffen Short, 462 
Swannie Swanevelder, 1197 
Talita Lofty-Eaton, 1764 
Tanite Smart, 1029 
Tobie de Villiers, 421 
Wolfaardt familie, 2625 (Richard Wolfaardt,
Dalina van Zyl en Henry Wolfaardt)