English (United Kingdom)

Interessante Toeristeplekke

Hier is 'n paar interessante plekke wat jy met behulp van Google Earth, of in die Werklike Lewe, kan besoek.

 

Wes Kaap, Agulhas, Ligtoring

 Oos Kaap, Hankey, Sarah Bartman

Grave at Cape Agulhas

Die mees suidelike graf in Afrika! 'n Aansig van Kaap Agulhas Ligtoring, met die enkele graf: "Daisy Rowe. Oorlede 28.01.1899 weens witseerkeel 7 maande oud. Dogter van A Rowe, Ligtoringwagter te Kaap Agulhas 1899 - 1901."

Besigtig die

Grave of Sarah Bartmann

"Dit is paslik dat Sarah hier ter ruste gelê is naby haar geboorteplek waar haar siel rus sal vind tussen die heuwels en rustige omgewing van die Gamtoosvallei".

Besigtig die album

 

Begrafplase rondom Barberton Die ou Nchanga Myn Begrafplaas in Zambia

barbertonview

Let op die Fairview Begraafplaas bo-op die berg

nchanga

Nou begrawe onder die rommelhope van die Oopgroefmyn.

  • Hits: 2573

Hoe kan ek kommentaar lewer of verbeterings aanbring?

Kommunikeer asb met ons deur middel van e-pos.

Crystal_Clear_app_emailVir die kontakinligting skakel asb. oor na die "Cemetery Project Outline".

  • Hits: 13815

Hoe akkuraat is die inligting en hoe dikwels word dit bygewerk?

 

Crystal_Clear_app_calcAlle pogings word aangewend om te verseker dat die inligting so korrek as moontlik is, maar onjuisthede kom wel voor, hoofsaaklik om die volgende redes:

• Liggings wat van 1:50000 kaarte verkry word het die dubbele nadeel dat dit geskaal en van 'n papierkaart afgelees word, maar verder ook dat die koördinate uit die ou Kaapse Stelsel kom en nie van die wêreldwye WGS84 stelsel wat deur Google Earth en GPS ontvangers gebruik word nie. Soos die tyd ons toelaat, word hierdie koördinate reggestel.
• Gebruik van onjuiste GPS-gegewens deur optekenaars.
• Die moontlikheid van onjuisthede gedurende die bepaling van die koördinate en dataverwerking stadia.
• Sommige gebiede van die Google Earth kaarte is “vaag”, sodoende kan akkurate begraafplaasliggings nie verkry word nie en word benaderings gebruik.

Sover moontlik teken ons die akkuraatheidsvlak van die koördinate aan en word aangetoonde liggings geoudit vir korrektheid.

Data word aan die einde van elke maand bygewerk. Wees dus op die uitkyk vir nuwe hersienings.

  • Hits: 10721

Besoek die GGSA Google Earth Inisiatief

Deur gratis en vrylik beskikbare sagteware te gebruik, kan u die ligging van die onderskeie GGSA begraafplase aanlyn besigtig.ActionGEShot-Small

Die projek word instand gehou op sy eie blad

'n Breëband verbinding en die Google Earth program is noodsaaklik.  Google Earth is gratis aflaaibaar vanaf http://earth.google.com

Kliek op die GGSA ikoon en u sal die beskikbare data vir die betrokke begraafplaas kan sien.  Dit dui ook aan of die begraafplaas inligting op DVD beskikbaar is, in die eGGSA foto biblioteek of op beide.

Vir verdere inligting kontakHierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

  • Hits: 2780

Wie het die GGSA Google Earth Begraafplaas Inisiatief ontwikkel?

Die GPS-data is oor baie jare deur vrywilligers aan die Begraafplaas Projek en Foto Projek verskaf. Hierdie inligting word jaarliks deur Peter en Beverley Moss op DVD gepubliseer.
Hul seuns, Stewart en Adrian, wat baie ure gedurende hul kinderjare in warm motors deurgebring het terwyl hul ouers nogeens 'n begraafplaas se inligting aangeteken het, het die inisiatief en tegniese vaardigheid verskaf:

  • Stewart Moss het die aanvanklike idee bedink en die programmatuurontwikkeling onderneem sodat Google Earth die Begraafplaas Indeks se data kon lees en vertoon.
  • Adrian Moss het die nuwe webwerf ontwerp en ontwikkel.

Ons bedank hul hartlik vir hul tyd en moeite waarsonder die inisiatief nooit van die grond af sou kom nie.

Die Moss-gesin is met 'n GGSA Ekstra Myl Toekenning beloon vir hul bydrae tot die Begraafplaas Projek.

  • Hits: 9484

Kontak die Webbladbestuurder

Terugvoer, voorstelle en regstellings word verwelkom.
Kontak asb die Webbladbestuurder