English (United Kingdom)

Besoek die GGSA Google Earth Inisiatief

Deur gratis en vrylik beskikbare sagteware te gebruik, kan u die ligging van die onderskeie GGSA begraafplase aanlyn besigtig.ActionGEShot-Small

Die projek word instand gehou op sy eie blad

'n Breëband verbinding en die Google Earth program is noodsaaklik.  Google Earth is gratis aflaaibaar vanaf http://earth.google.com

Kliek op die GGSA ikoon en u sal die beskikbare data vir die betrokke begraafplaas kan sien.  Dit dui ook aan of die begraafplaas inligting op DVD beskikbaar is, in die eGGSA foto biblioteek of op beide.

Vir verdere inligting kontakHierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

  • Hits: 2790

Wie het die GGSA Google Earth Begraafplaas Inisiatief ontwikkel?

Die GPS-data is oor baie jare deur vrywilligers aan die Begraafplaas Projek en Foto Projek verskaf. Hierdie inligting word jaarliks deur Peter en Beverley Moss op DVD gepubliseer.
Hul seuns, Stewart en Adrian, wat baie ure gedurende hul kinderjare in warm motors deurgebring het terwyl hul ouers nogeens 'n begraafplaas se inligting aangeteken het, het die inisiatief en tegniese vaardigheid verskaf:

  • Stewart Moss het die aanvanklike idee bedink en die programmatuurontwikkeling onderneem sodat Google Earth die Begraafplaas Indeks se data kon lees en vertoon.
  • Adrian Moss het die nuwe webwerf ontwerp en ontwikkel.

Ons bedank hul hartlik vir hul tyd en moeite waarsonder die inisiatief nooit van die grond af sou kom nie.

Die Moss-gesin is met 'n GGSA Ekstra Myl Toekenning beloon vir hul bydrae tot die Begraafplaas Projek.

  • Hits: 9593

Kontak die Webbladbestuurder

Terugvoer, voorstelle en regstellings word verwelkom.
Kontak asb die Webbladbestuurder