Hoe akkuraat is die inligting en hoe dikwels word dit bygewerk?

Posted in GSSA Google Earth Cemetery Initiative

 

Crystal_Clear_app_calcAlle pogings word aangewend om te verseker dat die inligting so korrek as moontlik is, maar onjuisthede kom wel voor, hoofsaaklik om die volgende redes:

• Liggings wat van 1:50000 kaarte verkry word het die dubbele nadeel dat dit geskaal en van 'n papierkaart afgelees word, maar verder ook dat die koördinate uit die ou Kaapse Stelsel kom en nie van die wêreldwye WGS84 stelsel wat deur Google Earth en GPS ontvangers gebruik word nie. Soos die tyd ons toelaat, word hierdie koördinate reggestel.
• Gebruik van onjuiste GPS-gegewens deur optekenaars.
• Die moontlikheid van onjuisthede gedurende die bepaling van die koördinate en dataverwerking stadia.
• Sommige gebiede van die Google Earth kaarte is “vaag”, sodoende kan akkurate begraafplaasliggings nie verkry word nie en word benaderings gebruik.

Sover moontlik teken ons die akkuraatheidsvlak van die koördinate aan en word aangetoonde liggings geoudit vir korrektheid.

Data word aan die einde van elke maand bygewerk. Wees dus op die uitkyk vir nuwe hersienings.