English (United Kingdom)

Family Registers

Display:

Hierdie is slegs ’n voorlopige publikasie oor die Benade familie in Suid-Afrika en belangrike besonderhede oor die voorgeslagte is nie hierin opgeneem nie. Toe ek begin het met hierdie navorsing het ek spoedig ’n dokument van ses bladsye saamgestel wat ek uitgeruil het met ander Benade’s vir besonderhede en fotos oor hul eie kennis en besonderhede van hul eie Benade families. Daardie dokument het sederdien gegroei tot hierdie dokument wat weereens sal kan dien vir verdere kontak en uitruil soos voorheen.

Die nageslag van GERRIT JANSZ VAN AART, matroos in diens van die V.O.C. afkomstig van DELFT en sy vrou LEVIJNTJE THEUNIS VAN GENT # afkomstig van ROTTERDAM Die name en vanne van die stamvader en –moeder word in brondokumente op verskeie maniere gespel. So is die volgende spellings by die GVP te Delft raakgeloop: Gerrit Janse van Aart, Gerrit Jansz van Aert, Levijntje, Lavijntie, Levina Theunis van Gent, Van Genz, Baertie, Barendina, Baartje, Theunis, Theunijs. Daar is deurgaans gepoog om ‘n aanvaarbare spelling te gebruik.

Stamboom van Anthonius van RooyenDie Van Rooyens van Clanwilliam·Calvinia·Brandvlei·Kenhardt·Grootrivier 1830-2016 Redaksie Engela van Rooyen (verhalende dele en b1c6); JC Malan (b1c2); Martie du Toit (Argivale navorsing) Die volle manuskrip op CD is by eGGSA se winkel te koop. Hierdie dokumente bevat net die omvattende stamboom soos op datum, Mei 2017
Stamboom van Anthonius van Rooyen Die Van Rooyens van Clanwilliam·Calvinia·Brandvlei·Kenhardt·Grootrivier 1830-2016 Redaksie Engela van Rooyen (verhalende dele en b1c6); JC Malan (b1c2); Martie du Toit (Argivale navorsing) Die volle manuskrip op CD is by eGGSA se winkel te koop. Hierdie dokumente bevat net die omvattende stamboom soos op datum, Mei 2017

by Jos le Roux

This edition is considered a Preliminary Edition and makes no claim to being complete in its present form. I consider it as a living and dynamic document, where there will always be room for improvement and expansion. The purpose of this Preliminary Edition is to allow members of the Krynauw family and other interested parties the opportunity to verify the existing information and to point out any errors, inaccuracies or missing information.At the same time the research will continue - new information and sources are still being discovered and utilized. It should, therefore, not be considered as an end product but rather as a work in progress and future editions are foreseen.

There were two Ueckermanns that came to South Africa from the town Mecklenburg in Germany.
1) Heinrich Julius Frederich Christiaan Ueckermann, born 20 Jul 1827. Nothing is known about his parents.
2) Carl August Friedrich Ueckermann, born 19 Jul 1837. He arrived with his Mother, Dorothea Marie Helena Carolina Martiz. Nothing is known about his father George Godfried Ueckermann. In 1861 Heinrich Ueckermann acquired part of the Farm Langlaagte and established a general dealer at the crossing of Port Natal (Durban) /Potchefstroom road, with the main road between Cape Town and Pretoria. In 1865 he appointed T.W. Fannin as surveyor for a town development, which named after his alma mater in Germany, and Heidelberg was established in 1866.

Only one Ludorf came to South Africa from Mannhein, Germany. Joseph David Martin Ludorf
Most of the information comes from Death Notices in Estate Files, Divorce Files and Gravestone inscriptions. Some info from the SAG.
NN surname' = when the first name is not known = indicates the married name when the maiden name is not known
Ludwig Dohne

Hierdie nasate register van Joseph HAYCOCK is sover ek weet die eerste en enigste nasate register van die HAYCOCK familie in Suid-Afrika. Dankie aan al my skoonfamilie wat na die beste van hulle vermoëns en deur pynlike herinnerings my gehelp het om dit sover te kry. Joseph HAYCOCK het ons land binnegekom en al die aanduidings is dat hy nooit teruggegaan het na Engeland nie. Daar was geen familie wat hom hier besoek het nie. Die familie het Afrikaans in taal, kultuur en godsdiens geword.

Die meeste Suid-Afrikaners met die van Laurie (en ’n hele klompie met Laurie iewers in hulle voorname, al is dit dalk vervroulik na Laurika of Laurinda) voer hulle afkoms terug na Robert Naylor LAURIE (a1).Maar wie was hy?Die tradisonele storie, oorvertel van geslag na geslag, word weergegee in Cornelis Pama se boek oor Afrikaanse familiename, Heraldiek in Suid-Afrika (Human and Rousseau, 1983). Veral danksy die harde werk van Jane Hofmeyr (a1b2c4d2e1) weet ons nou dat Robert die oudste seun was van John Laurie en Julia Susan Laurie, geb. Pilford, en dat baie van bostaande ten beste misleidend is, of selfs totaal verkeerd.
DIE Parenteelstaat van die ERASMUS-FAMILIE wat afstam vanCORNELIS JOHANNES ERASMUS (09/11/1816 – 12/04/1900) en MARIA FRANCINA ELIZABETH VISAGIE )(28/01/1820 – 14/04/1893)-Dr Robert JE Erasmus

In my attempts to establish the facts for an article published in Genesis February 2007, I have reconstructed a large part of the first three Gous generations from the various documents that I consulted and I take the opportunity of presenting the first two generations here, since there is some variation between what I have found and what is presented in De Villiers / Pama and SAG. This family tree can also be seen on my personal web site The Gous Family of the Cape where the detailed source for every piece of information is also provided, as also the article Which Pieter Gous was Aletta Vorster’s husband?

By Richard Ball

In die jaar 1182 AD het n welgestelde Italiaanse handelaar deur Frankryk gereis toe sy vrou geboorte gee aan hul seun in Assisi, Umbria, Italië. Om sy seun se geboorte te gedenk en om te onthou dat hy in Frankryk (France) was gedurende die geboorte heg hy toe die naam Francesco (Francis) aan sy seun se name. Die seun, Giovanni Francesco Bernardone, het later wêreld beroemd geraak as Saint Francis van Assisi. Hy het die “Franciscan Order”(hulle beywer hulself om die armes te help) gestig in die Rooms Katolieke Kerk. Gedurende hierdie tyd was die van “Francis” baie skaars. As gevolg van die groot sukses en aanhang van die “Franciscan Order” het die van “Francis” baie prestige gehad en gewild geword.

In die Middel-Bossiesveld, Robertson se wêreld, woon daar op die plaas Wansbek# in die Agterkliphoogte aan die Poesjenelsrivier al geslagtelank die familie Erasmus. Hulle voorvader is twee honderd jaar gelede in die vallei gebore.  In 1838, tien jaar ná sy dood, word die plaas De Fontein geregistreer vir Rasmus Daniel Erasmus. Dit was dus Rasmus Daniel, en sy vrou Sophia Maria de Kock, van De Fontein wat die Erasmusse in die Agterkliphoogte ‘geplant’ het. Volgens oorlewering het hulle kort ná die begin van die 19e eeu ‘uit die rigting van Botrivier oor die berg getrek’ en hulle op De Fontein, taamlik hoogop in die vallei, gevestig

Die nageslag van Peter BEKKER is die grootste enkele BEKKER/BECKER familie in Suid-Afrika.
Peter BECKER/BEKKER * c. 1673 †Robben Eiland 26/08/1745 arriveer aan die Kaap op 16 April 1695 as soldaat in diens van die VOC aan boord die fluitskip “Voetboog”. Hy is die seun van Johannis Bekker *±1645. Hy was van Köningsberg, Duitsland afkomstig. 18 Mei 1697 [op ouderdom 24] is Pieter ‘n Vryburger te Drakenstein [Paarl]. x Johanna DE CLERCQ/DE KLERK ? Serooskerke (ook genoem Straatkerke) op Walcheren, 'n eiland in Seeland, Nederland 03/05/1676 (wed. v. Andries GOUS) dv Pieter DECLERCQ en Sara COCHET †voor 08/08/1757 Benewens die stamvader is daar alreeds 12 ander BEKKER stamvaders vasgestel.
Omdat die spelling wysig van BECKER en BEKKER is al twee ingesluit in die stamregister.
Daar is 56 BECKER stamvaders aangeteken.
Johan Pottas sê: slegs foute  in die register kan gewaarborg word...., alles wat reg is moet beskou word as 'n bonus en 'n dankie aan al die mense wat mildelik bygedra het sedert 2010.
Dit sal waardeer word as enige dupliserings/ wysigings/regstellings ens onder ons aandag gebring kan word. anntiran@polka.co.za

Dorslandtrekker: Lourens Marthinus du Plessis *11.6.1840 †circa 1909/1911 Que, Angola, gesamentlike leier, veldkornet, kommandant van Die Tweede Dorslandtrek, en landdros van Upingtonia; en die geskiedenis wat sy lewe beïnvloed het ~ Louw (L.M.) du Plessis *1945 Grootfontein, SWA, sy agter- kleinseun.

Die eerste en historiese SMITH Familiefees op Graaff-Reinet op 29/30 Mei 1981 het nie alleen ontstaan as gevolg van my intensiewe navorsing oor die Smithfamilie sedert Januarie 1982 nie, maar waarskynlik meer so as gevolg van die geweldige reaksie wat hierdie navorsingspoging by familieverwante ontlok het. Dit is dus vir my ‘n groot behoefte om my opregte dank oor te dra aan soveel welwillende familieverwante wat bygedra het om hierdie onvergeetlike Fees en in besonder hierdie publikasie moontlik te maak.

Twee Schulze-families word hier behandel:
Die kleiner en jonger familie Schulze, nasate van die Hermannsburgse sendeling, Wilhelm Ernst SCHULZE (1869-1961) en
Die nageslag van Carl Ferdinand Ludolph Dietrich SCHULZE (1836-1916) van Lydenburg.
Vir laasgenoemde is daar ook 'n CD beskikbaar by ghrobbertze@telkomsa.net.
Benewens die geslagsregister bevat dit ook foto's van persone, geboue en voorwerpe asook ander dokumentasie oor hierdie familie wie se se voorgeslag teruggevoer word tot die 16de eeu in Duitsland.In CAPENSIS 3/2013 verskyn 'n artikel: "Só het die SCHULZEs na Suid-Afrika gekom: Die stamvader en sy kinders - hulle wel en wee." deur Sasa Malan. Hierin word meer persoonlike besonderhede van hierdie gesin verskaf.

Die stamnaam Heyl kan teruggespoor word tot in Berlyn in die 13de eeu. Die van is ook gespel as Heijl. Die Baron von Heyl is nie ‘n direkte voorvader nie, maar ‘n ander tak. Hy is tot die adelstand verhef nadat hy ‘n fortuin gemaak het met hul ontdekking van blinkleer skoene. Die stamvader van die Heyl familie, Hendrik Arend, sy vrou en drie kinders het op 12 Junie 1858 aan boord die ISAAC DE COSTA in Kaapstad geland. Na ‘n verblyf van ‘n paar jaar het die gesin hulle in die omgewing van Calvinia gaan vestig.

Ek het op 19 April 2008 ‘n afskrif van Prof Dr P.J. COERTZE se GESLAGSREGISTER – COERTSE COERTSEN en COERTZEN [HAUM 1984] gekry en summier besluit om my eie navorsing te doen. Van die redes was dat COERTZE verskeie geslagte COERTSE’s uitgesny het en geen redes aangevoer nie. My eie lyn is uitgeknip. Op ‘n manier het ek twee van sy bronne gespoor en gemerk hy het reeds dáár begin om die stamboom te snoei. Hierdie bronne het die register ingrypend gewysig.
Ek staan net “pa” vir my eie navorsing wat vanaf 1801 tot 2014 dateer. Sommige inligting voor 1801 het ek uit COERTZE se boek gelig [“die COERTZE-inligting”]. Die leser sal merk dat die COERTZE-inligting die hoofstrome weergee.

While researching information for the EVA family the names of Eastland, Graham and Hatton appear. Some one mentioned Elizabeth Eastland married to J.C. Hatton and having one son William Hatton. There is some confusion here. Elizabeth Goldfinch Eastland was born in Dover, Kew and baptised 30.10.1846 in Deal. She came with her parents in Menze’s Party on the Weymouth at age 4.

Kontak die Webbladbestuurder

Terugvoer, voorstelle en regstellings word verwelkom.
Kontak asb die Webbladbestuurder