Die Militêre Argief

Gustav BentzMajoor Gustav Bentz en Annelies Schoeman, Saterdag 12 Maart 2022

‘n Militêre argief is die ‘’memory of soldiers’’.

Die militêre argief is die bewaarplek van weermagrekords. Die rekords is vanaf die Eerste Wêreldoorlog.

Die Wet op die bevordering van toegang is beter bekend onder sy Engelse benaming, The Promotion of Access to Information Act 2 of 2000, (PAIA) is die belangrike wet waarvolgens inligting beskikbaar gestel moet word.

Die versameling dateer terug tot 1912.  Dit is ‘n groot versameling, bestaande uit sowat 700 000 kartonne en daar is drie tot vyf lêers in ‘n karton. Daar is ook ‘n versameling foto’s, glasnegatiewe, kaarte, films en video’s.  Van die bronne moet koud SCHOEMAN Annelies PRESENTATIONS Photo 2022 03 12geberg word, soos mikrofilms.  Daar is ook aanvullende materiaal soos ou tydskrifte en militêre publikasies.

Die publiek is welkom om die argief te besoek. Alle inligting is beskikbaar wat gedeklassifiseer is. Naas die PAIA wet, is daar ook die Popi wet wat persoonlike inligting beskerm (Protection of Personal Information Act 4 of 2013) en die argiefwet  (Act 43 of 1996: National Archives of South Africa Act) wat die bestuur van ‘n argief onderlê. Die wyse waarop mens toegang kan kry tot inligting is volledig uiteengesit. 

Planne om die versameling te digitaliseer vorder.

Navrae kan per epos gerig word aan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of Telefoon:012 670 8000

Na die interessante praatjie, toegelig met foto’s, is heelwat vrae gevra en is die mense wat teenwoordig is, vriendelik genooi om die argief te besoek.