Spyse, Psalms en wysies wat die VOC na die Kaap gebring het

Mia RichMia Rich, 11 September 2021
As skoolkind is haar belangstelling in matrose geprikkel deur die onderwyser se grafiese vertelling van matrose met skeurbuik.
Die Vereenigde Oost Indische Compagnie (VOC, gestig vroeg in die swentiende eeu) was ‘n magtige maatskappy in die tyd toe Nederland op handelsgebied ‘n monopolie gehad het. Die VOC was streng Calvinisties en dit het, onder andere, neerslag gevind in die musiek, gebaseer op die Geneefse Psalter.
Drie dae voordat ‘n skip vertrek het, is op ‘n trom geslaan. Seile is gespan op die maat van musiek. Op die skip is die trom (tabor) vir sekere bevele op die skip gebruik en die baroktrompet vir ander. Die tromspeler moes vaardig wees op ‘n seilskippie wat beweeg, hoewel die trompetpeler dubbel soveel verdien het as die tromspeler. Die matrose moes weet wat die musiek beteken en watter bevele word gegee. Sieketroosters was voorsangers.
Van Riebeeck het groente geplant, daar was beeste asook wyn - ‘n groot verbetering op die dieet van die matrose was wat gepekelde vark, gepekelde vark en gepekelde vark as spyse aan boord gehad het. Musiek vergesel verkenningstogte en in skole is psalmsang deel van die kurrikulum. Daar was ‘n groot verskil tussen die musiek wat in Kaapstad beoefen is en die musiek op die platteland.  Willem Sluiter se liedere was veral bedoel vir die platteland.
Die unieke, insiggewende praatjie is geïllustreer deur toepaslike klankgrepe en foto’s.