Verengelsing aan die Kaap na die Britse bewindsoorname

DELANEY Carol PHOTO 2021 02 13Dr. Liza-Mari Oberholzer, 10 Julie 2021
Drie families is uitgelig en daar is in detail oor elkeen gepraat.
Daar is op verskillende wyses verengels na die Bataafse tydperk aan die Kaap wat aan die einde van 1806 tot ‘n einde gekom het.  Aanvanklik was daar min assimilasie tussen die twee taalgroepe voor 1920 maar soos die tyd aangestap het, het die groepe al hoe meer sosiaal verkeer.
Die voorvader van die Van Reenens was met sy dood ‘n welgestelde man en sy oudste dogter trou met ‘n ene Baumgardt en hulle beweeg in Engelse sosiale kringe waar sy gewild was onder veral Britse offisiere. Dit het hulle toegang verleen tot die Britse elite aan die Kaap. Hulle kinders het verengels  en die een seun was bv. ongeveer 40 jaar in die Britse Vloot.
Die Cloetes se voorvader was baie arm en toe sy vrou oorlede is, was die kinders nog klein en drie van hulle is in pleegsorg geplaas.  Een van die seuns, Henrik (Hendrik) het later Groot Constantia gekoop. Hy word lid van die burgersenaat en sy sy kinders is later Engeland toe.  Henry (oorspronklik Hendrik) is deur Sir George Napier Natal toe gestuur om met die anneksasie behulpsaam te wees. Sir Abraham Josias Cloete het aan ‘n Britse Militêre Kollege studeer.
Die Truter stamvader was hooftuinier aan die Kaap. Sy kleinseun was later Sir John (Johannes) Andries Truter. Hy was die sekretaris van Justisie en ‘n prominente Vrymesselaar.  Hy het van die Engelse elite, wat Vrymesselaars was, genooi om by die losie waaraan hy behoort het, aan te sluit. Hy word tot ridder geslaan en van sy niggies trou met prominente Britte soos een van hulle met die Britse skrywer, John Barrow.
Dit was ‘n interessante, gedetaillerde voordrag.