Ontmoet die Kriels (Sommer gewone mense)

Written by Ferdie Van Wyk.

                                                                                                                                                                                                                                                                          Potchefstroom Herald 25 September 2015

Die Kriel stamvader, Hermanus Kriel (Grill) s.v. Johann Peter GRILL & Eva Christine SCHLEMMER * Hanau am Main, Hesse-Nassau, Pruise 12.04.1689 is van Duitse oorsprong. Eva Christine Schlemmer * Hanau 02.06.1656, was die dogter van Frederici Schlemmer, predi¬kant 1618–1653 toe hy as “Konsistorialrat' afgetree het. Schlemmer beleef ook die Katolieke vervol¬ging in die sin dat hy gedurende 1634 verban word. Gedurende 1635-1638 tree hy as veldprediker van die graafskap Hanau op.
Hermanus Kriel arriveer via die Kamer van Amsterdam in Holland met die Risdam op 19.04.1719 aan die Kaap. Hy was twee keer getroud en het tien kinders gehad. Die manlike Kriel nageslag kom uit drie van sy seuns nl. b5 Jacobus Petrus = 1729, b8 Hermanus = 1734 en b9 Theodorus = 1736. Vier van sy kinders was dogters. Twee seuns is jonk oorlede en een seun het drie dogters met nageslag gehad.
b5 Jacobus Petrus *12.06.1729 ≈ Kaapstad 18.06.1729.
J.P. het op Nantes geboer, waarop die dorp Paarl later gedeeltelik uitgelê is. Sedert 1758 boer hy en daarna sy seun J.P. op 'n gedeelte van Keerweder wat later onderverdeel is in ses plase. (Die naam Keerweder verwys na die hoë berge rondom Franschhoek waaroor reisigers nie kon kom nie) x Drakenstein 12.03.1758, Hester ROUX d.v. Pieter ROUX & Susanna DE VILLIERS ≈ 01.04.1731.
Uit hierdie vertakking het heelwat predikante voortgekom. Die bekenste een is Abraham Paul van Langlaagte faam *Keerweder Franschhoek 01.03.1850 †Clansthal, Umkomaas, Natal 02.06.1928.
b8 Hermanus ≈ Kaapstad 14.11.1734 †28.08.1774 x 02.1766, Elsabe WIUM (weduwee van Daniel Wynand Malan) d.v. Pieter WIUM & Anna DE HAASE ≈ 26.04.1734 †20.03.1808. Hulle het op Cloetenburg gewoon. Die oorspronklike gebou op Cloetenburg bestaan nog - dit is tans die skoolsaal van die Somerset House Preparatory School, Morkelstraat, Somerset-Wes. Hermanús Kriel was een van die wagmeesters onder die Kompanjie se burgerdragonders.
Hierdie vertakking van die Kriels was hoofsaaklik sakemanne, o.a.
Jacobus Theodorus ≈ 9.11.1768, saalmaker, Stellenbosch.
Willem Daniël* Stellenbosch 07.03.1807 †Worcester 11.12.1880, harnasmaker, Stellenbosch.
Jacobus Rynou (Kobus of James)* Swellendam 05.03.1891 †Hermanus 06.08.1980, algemene handelaar, Brink Broers, Riviersonderend.
Coenraad Christoffel (Oupa) *Swellendam 14.11.1895 †Potchefstroom 17.11.1980. C.C. was betrokke by die stigting van Volkskas asook by die Afrikaanse Sakekamer in Port Elizabeth.
b9 Theodorus ≈ Paarl 02.12.1736 landbouer, Paarl †22.11.1768.
Hy boer op die plaas Groenvlei van twee morg, geleë in die huidige Paarl tussen Breda- en Bergrivierstraat in die omgewing van Lady Greystraat. Hy x Drakenstein 04.11.1764, Magdalena Geertruy DU PLESSIS (d.v. Petrus DU PLESSIS & Brechie BOEIENS) ≈ 28.08.1740 †14.01.1774.
Baie nasate van hierdie vertakking het midde 1860s van Swellendam af die binneland ingetrek veral na Lichtenburg, Ottosdal, Vryburg asook die Oos-Vrystaat. Die rede was die groot brand van 1865 wat van die Oos-Kaap tot in die distrik Swellendam gewoed het, asook die dood van Joseph Barry in 1865 as gevolg waarvan die firma Barry & Nephews te gelde gemaak moes word. Dus moes die bedryfskuld wat die boere by Barry aangegaan het, aan die boedel betaal word. Party moes hulle plase verkoop om hulle skuld te kon delg.
b9c2d1e1 Hermanus Jacobus Kriel*Swellendam 13.04.1815 †Korannafontein, Lichtenburg 01.10.1886 vertrek ongeveer 1863 na Lichtenburg omgewing.
b9c2d7 Jan Gabriël *Swellendam 11.04.1802 †Loskop, Bethlehemdistrik 13.01.1890 vertrek ongeveer 1871 saam met van sy seuns na die Oos-Vrystaat.
Onder sy nasate vind mens ‘n groot verskeidenheid van beroepe. Baie staatsamptenare, onderwysers, ingenieurs, rekenmeesters, vakmanne, polisiemanne, mynwerkers, delwers.
Uit al die vertakkings het baie boere voortgekom. Sommige het skoonheidskoninginne en politici opgelewer, maar oor die algemeen doodgewone mense.

[Saamgestel deur Helena Kriel-Garner (Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.).Besoek die Genealogiese Genootskap van SA se webwerf www.genza.org.za)