Glynis Steer Glynis Steer 2022
Ek is gebore en getoë in Johannesburg en bly met trots steeds daar. My belangstelling in genealogie het reeds in die 1990’s begin toe my skoonma haar navorsing laat vaar het nadat sy ontdek het dat haar ouma tronk toe was vir moord en kindermoord en in die tronk gesterf het. Wat ‘n aansporing om die gesinsgeheime te begin navors!
Ek het voorheen op die Suid-Transvaal (nou Johannesburg) Takkomitee gedien as Bibliotekaris en Nuusbriefredakteur en hul opleidingskursusse oor die navorsing van 'n mens se familiegeskiedenis aangebied.
Ek is opgelei as 'n bibliotekaris en mettertyd na IT-stelselondersteuning oorgestap.
Ek en my man, Rob het 'n Zoeloe-pleegdogter en 'n Mexikaanse/Zoeloe-kleindogter. Wanneer ek nie in Johannesburg is nie, geniet ek dit om tyd in die klein gehuggie Rosendal in die Oos-Vrystaat deur te bring.