Ellen HarmseEllen Harmse 2022
Ellen HARMSE nee RUSCH, is gebore op 13 Junie 1950 in Windhoek, in die destydse Suid-Wes-Afrika. Volgens Duitse tradisie is ter verwelkoming by die hospitaal 'n pienk vlag gehys en 'n kennisgewing in die plaaslike koerant geplaas! My ouers is Franz *1908 Windhoek, Duits-Suid-Wes-Afrika x Else KAPPEL * 1911 Berlyn, Duitsland. Oupa Ernst Julius, die stamvader, was een van die eerste 41 Schutztruppler (Duitse beskermingsmagte) wat vrede tussen die Hereros en Namas moes bewerkstellig en het in Januarie 1890 in Namibia voet aan wal gesit. Vanaf 1970 woon sy in Johannesburg en Kempton Park waar sy in die konstruksiebedryf en as dosent by volwasseonderrig vir die Departement van Onderwys tot 1995 werksaam was.
1973 is sy getroud met Neels Harmse *1939 Schweizer Reineke en hulle het twee dogters, Benita en Anja en een kleinseun Tristan. Sy het agtergekom dat daar nog nie veel navorsing oor die HARMSE's gedoen is nie, en hou haar nou daarmee besig. Sy het konsepsamestelling in die boekery van die Erfenisstigting en by die "Library of the Cape Peninsula University of Technology (CPUT)" in Wellington wat die GISA-versameling bevat, geplaas vir kommentaar en om jaarliks met die nuutste inligting aangevul en vervang te word.
Ellen organiseer elke jaar die toer na die verskillende argiewe vir die GGSA. Van 'n klein begin waar aanvanklik net na die Wes-Kaap Provinsiale Argief (voorheen KAB) gegaan is het dit gegroei, soveel so dat daar nou ook toere na die Vrystaat Provinsiale Argief en ook na die Nasionale Argief in Pretoria organiseer word.