Johan Pottas 1Johan Pottas 2022
Johan Jacob POTTAS is gebore in die Elizabeth Heim, Windhoek, Namibië op 13 April 1961, een van 5 kinders van wyle Johan Jacob POTTAS (Skerf) en Elizabeth Mathilde POTGIETER (Lilli) van Windhoek. Hy is een van vier oorlewende kinders en die enigste oorlewende seun, ‘n ouer broer is as baba oorlede. Hy gaan skool in die Laerskool Eros, Windhoek en Windhoek Hoërskool. Is hoofseun op laerskool en leerlingraadslid op hoërskool, verwerf SWAAIKS kleure in atletiek, gimnastiek. Speel hokkie vir skool se eerste span.
Na skool doen hy diensplig. Hy studeer aan die Universiteit van Vrystaat behaal BComm en BComm(Hons) (Kapitale investering). Artikel vir 2 jaar as ouditeursklerk, werk as professionele fotograaf vir 2 jaar, werk by Pick n Pay as bederfbare voedselbestuurder vir 8 jaar en daarna vir die Universiteit van die Vrystaat in verskeie hoedanighede.
Hy is getroud in die KOVSIE NGK, Bloemfontein op 21 September 1985 met Eureka Dannhauser SMITH gebore in die verplegingskliniek op Edenburg, Vrystaat op 26 Februarie 1961, dogter van wyle Gert Hendrik Dannhauser SMITH en Maria Elizabeth BOTHA (Mary). Sy het groot geword op Trompsburg, Vrystaat, studeer aan die Universiteit van die Vrystaat.
My belangstelling in genealogie kom al ‘n baie lang pad, as kind was ek die een wat gedurig die familie stories oor en oor wou hoor. Dit het na skool ‘n stokperdjie geword om op skoue die stalletjie met familie wapens onderstebo te loop, want hulle kon nooit my vrae antwoord oor die van POTTAS nie! Ek het elke keer gesê ek sal slegs betaal as hulle my iets oor die van kon vertel. . In 1997 het ek so op eie stoom begin rond ploeter met familie navorsing, sluit in 2000 aan by die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika en ploeter nog voort, nie juis aktief nie. Maar ernstige belangstelling het so in 2001 begin, toe ek besef het, die geslag voor my is besig om almal uit te sterf en met hulle saam al die wonderlike stories en inligting. Teen 2003 het ek die POTTAS lyn uitgesorteer gehad en toe het my moeilikheid met my ander voorsate begin. Die een het tot volgende gelei en vandag doen ek aktief navorsing op meer as 80 verskillende vanne in hul geheel. In 2003 oortuig Simon DUPLOOY en Hendrik LOUW my om die AJV in Port Elizabeth by te woon en daar word ek deur hulle 2 en Johann JANSE VAN RENSBURG oortuig om die Vrystaat tak te herstig.
Ek is dus in Maart 2003 betrokke by die herstigting van die VGGSA in Bloemfontein, word aldan ook verkies as voorsitter van die tak, ‘n pos wat ek vul tot September 2013. Hierna is ek “onbetrokke” by die tak en GGSA hoewel ek aktief lid bly. In die tyd wat ek voorsitter was is ek via Hendrik LOUW ook betrokke by die beskikbaarstelling en samestelling van ‘n klompie van GSSA se Omnibus cd’s. My eerste genealogiese publikasie is “Die Van den(r) Berg's van die Kaap tot Witkraal, Petrusburg” 2005 wat ek saamstel vir ‘n jare lange vriend Cas VAN DER BERG, daarna verskyn my eie famlie register geskryf vir my pa Skerf POTTAS se 80ste verjaarsdag “Die Pottas skerwe vanaf Schwalenberg tot Windhoek” 2006, daarna verskyn die “Van den(r) Berg(h) families van Suider-Afrika” 2008 en ook “Alexander's SA” 2011. Ek is ook as mede outeur betrokke by die “BEKKER register” saamgestel deur Ann TIRAN en myself.
Daar is ook talle kleiner families wat ek navors en wat verskyn in die GGSA se Omnibusse.
Verder was ek ook outeur van die Vrystaat GGSA se publikasie Maiores vanaf 2003 tot 2010, toe ek nie my weg oopsien om daarmee voort te gaan nie.
Families waaraan ek tans nog werk: VAN DEN(R) BERG(H), KLOPPER, POTTAS, MENTZ, dele van BEKKER, SMIT, POTGIETER, OOSTHUIZEN, DANNHAUSER, al die nakomelinge van Elizabeth VOOGD die dogter van Claus VOIGT (‘n Duitser) en Christina (‘ KhoiSan vrou) en nog vele meer. Dan is daar ook nog die Vrystaatse stamvader projek waarmee ek besig is, dit wil sê al die mans en vrouens wat in die tydperk 1820 tot 31 Mei 1902 die Vrystaat ingekom het en al hier gevestig het.