PROJEK Suid-Afrikaanse Familie (SAF) Registers
Projekpleier Hendrik Louw
Die projek is 'n inisiatief van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika
Agtergrond
Die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing (RGN) het die ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse Genealogieë (SAG) begin. In 1997 is die Genealogie-afdeling gesluit en die liggaam se familie-navorsingsfunksie is oorgeneem deur die Genealogiese Instituut van Suid-Afrika (GISA) wat tot stand gekom het en voortgegaan het met Deel 3 en dus bestaan die A-Z indeks uit 17 volumes.
GISA het toe besluit om die volumes stelselmatig by te werk, beginnende met A, en daarna sou die nuut bygewerkte SAG-versameling voortaan as SAF bekend staan om die twee te onderskei. GISA het A-L voltooi voordat die gesluit en die bundel as 'n geskenk met kopiereg aan die GGSA bemaak is.
Hoewel verskeie registers M-Z ook opgedateer is, staan die hele versameling nou bekend as SAF en bestaan dit tans uit ongeveer 14 000 familie-registers, ± 1 100 000 name in register-formaat, vanne alfabeties in 49 PDF-afdelings verdeel, maklik om op te soek.
Hierdie versameling vorm die basis van baie navorsers se werk en is sonder twyfel die Suid-Afrikaanse argief van ons Suid-Afrikaanse familieregisters. Op hierdie manier behou Suid-Afrika dus sy genealogiese geskiedenis en kultuur deur die registers voortdurend by te werk, by te voeg en te verifieer vir akkuraatheid.
Beskrywing
Die opdatering van die SAF-registers met nuwe inligting is 'n deurlopende proses en die voltydse verantwoordelikheid van vyf spanlede.
Aflewerbares
Die SAF-register in produkformaat en ander verwante produkte.
Uitnodiging
Jy is welkom om by te dra tot die SAF-registers - hierdie fasiliteit is gratis en oop vir die publiek. Dit kan insluit:
-
Familie-navorsing en familie-boominligting in jou besit (hetsy jou eie of geërfde inligting) kan aan die projek beskikbaar gestel kan word vir opname in die SAF-registers
-
Inligting rakede jou gesin/familie kan ook ingedien word via die Kwartierstaatprojek.
Kontak
Vir meer inliigting, kontak asseblief die projekleier, Hendrik Louw, via e-pos.
Aksies
- Koop die nuutste weergawe van die SAF-registers en verwante produkte, via die AanlynWinkel.
- Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.‘n gedeelte van die SAF-registers (bv ‘n spesifieke van), via e-pos.
- Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. jou Familie-navorsing en familie-boominligting in vir opname in die SAF-registers (tot en met 10Mb, via e-pos).
- Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. inligting (via e-pos) om spesiale reëlings te tref (indien groter as 10Mb).