PROJEK 1972 Kieserslys (KSL72/Renoster)

Voters projectProjekleiers Annemarie Dreyer (fase 1) & Ilna Ströh (fase 2)
Die projek is 'n inisiatief van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika, bestuur deur die Noord-Transvaaltak.
Beskrywing
Die 1972 Kieserslys bestaan ​​uit 300 boeke, met gemiddeld 350 bladsye elk en met 20 rekords per bladsy, in totaal ongeveer 2,1 miljoen mense.
Gedurende die eerste fase van die projek is die bladsye in die Nasionale Argief gefotografeer en die digitale beelde saamgevoeg in PDF-boeke, wat ooreenstem met die werklike boeke in die argief.
Die tweede fase is tans aan die gang: die boeke word in 'n OCR-proses (optical character reading) geskandeer; die resultaat in Excel-sigblaaie word geredigeer en voorberei om die data in kolomme te verdeel; sodra die verdeelproses voltooi is, sal die data in 'n gedigitaliseerde formaat gereed wees om in 'n databasis op te neem.
Aflewerbare
Die projek aflewerbare is die KSL72 data in die WebWinkel databasis, waar rekords geselekteer en deur navorsers aangekoop kan word.
Uitnodiging
Ons benodig nog redigeerders vir ongeveer 75 boeke. Ondersteun asseblief hierdie projek en help ons om 'n belangrike databron vir die genealogiese gemeenskap te ontsluit.
Kontak
Vir meer inligting kontak Annemarie Dreyer via Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..
Aksies
  • Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. 'n e-pos om jou belangstelling, om deel te neem aan die KSL72 projek, aan te dui.