Wie het die GGSA Google Earth Begraafplaas Inisiatief ontwikkel?

DSC03198Die Moss-familie ontvang die GSSA-Ekstra Myl-toekenning vir die ontwikkeling van die GSSA Google Earth Begraafplaas Inisiatief.
Begraafplaas-ligginginligting, in GPS-formaat, is ingesamel van die talle vrywilligers wat oor die jare inligting aan die Begraafplaas-rekorderingprojek en die Fotoprojek verskaf het. Hierdie inligting word deur Peter en Beverley Moss in die meester begraafplaasindeks saamgestel.
Hul seuns Stewart en Adrian, wat baie gelukkige ure van hul kinderjare in warm motors gesit het, terwyl Peter & Beverley nog 'n begraafplaas van belang opgeteken het, het die stukrag en tegniese kundigheid vir die inisiatief verskaf:
Ons bedank hulle opreg vir hul tyd en moeite, waarsonder hierdie inisiatief nooit van die grond af sou kom nie.
Op die foto van links na regs: Hendrik Louw, President van die GGSA wat die Ekstra Myl-toekenning oorhandig aan die Moss-familie (Peter, Beverley, Adrian en Stewart) - Maart 2011.