Argieftoere - Terugvoer

Deelnemers word aangemoedig om hul indrukke te deel deur middel van 'n paar opmerkings na elke toer.Terugvoer / verslae oor sommige van die voltooide argieftoere.
DatumsBestemmingDeelnemersKommentaarLaai verslag af
 Mei-2022
 Wes-Kaap
9
Die toer na en in die Wes-Kaap het uiteindelik plaasgevind in Mei 2022. Die voorbereidings het met baie moeite gepaard gegaan omdat dit verskeie kere weens die koronapandemie en verskillende grendeltye uitgestel moes word. Dit het ook geduld, nie net van my nie, maar ook van die deelnemers geverg. Maar die uitkoms daarvan was wonderlik! Ses dae van die toer is in navorsingsentrums gespandeer. Wat ons vir ons familiedata kon opdiep was ʼn groot sukses; maar dit was ook groot pret tydens genealogie-praatjies met etes en uitstappies
   
 Sep-2021
 Gauteng
10
Hierdie toer blyk nou so gewild te wees dat dit waarskynlik gedurende 2022 herhaal sal word. Vir my as organiseerder was die Corona grendelmaatreëls nogal ‘n uitdaging en ons kon slegs tien deelnemers hê wat ook nou die norm sal wees totdat die pandemie heeltemal iets van die verlede is.
 Okt-2020
 Gauteng
10
Dit was 'n groot sukses - ondanks die verskillende uitdagings wat die Corona-grendeltyd en protokol  veroorsaak het! 
 Oct-2019
 Gauteng
15
Deelnemers wat in die Gauteng-omgewing woon of kuier, het van Maandag- tot Vrydagoggend om ongeveer 08:00 by die verskeie navorsinginrigtings bymekaargekom.  Tot 16:00 het elkeen sy/haar eie navorsing gedoen en die toerleier het gehelp waar sy kon.  Smiddae het hulle óf  ʼn piekniekmiddagete óf, indien 'n kantien/kiosk beskikbaar was, ʼn ligte middagete ter plaatse geniet.
 Aug-2017 
 Wes-Kaap
11
Toere is gewoonlik vol bespreek, maar slegs 'n maksimum aantal 15 is hanteerbaar, dit wil sê die aantal persone wat in die verskillende leeskamers pas, ens.

 Okt-2016
 Vrystaat
11
Hierdie toer het begin per minibus in Pretoria, 'n wonderlike ysbreker.