Gauteng argieftoer (Augustus 2023)

Deelnemers word voorberei deur middel van e-pos inligtingsdokumentasie, hulle weet dus presies wat hulle soek en hoop om antwoorde te vind.
Om te verseker dat hulle nie die wiel herontdek nie besoek hulle eers Maandag die genealogiese biblioteek van die GSSA en Noord-Transvaaltak om registers en boeke wat reeds bestaan, te raadpleeg.
Dinsdag en Woensdag spandeer hulle volle dae in die Nasionale Argief (Transvaalse argiefbewaarplek). Vir beginner-navorsers word voorgestel dat hulle hoofsaaklik familie-inligting uit boedeldokumente kopieer. Hierdie lêers bevat gewoonlik inligting oor ouers en kinders. Namate hulle vorder, sal deelnemers ander lêers kan bestudeer, bv. oor plase, staatsdepartemente, hofsake en nog baie meer. Jy kan ook kaarte en foto's vind!
Donderdag besoek hulle die Nasionale Biblioteek, een van die pligleweringsbiblioteke. Skrywers wat meer as 100 boeke publiseer, is volgens wet verplig om afskrifte aan hierdie biblioteke te skenk. So kan 'n mens 'n boek vind wat nie meer in druk is nie. 'n Mens kry ook alle Staatskoerante, ou koerante, universiteitstesisse, ens. Vir die genealoog is daar ook 'n groot genealogiese boekrak.
Vrydag volg 'n interessante uitstappie met die Gautrain na Parktown in Johannesburg, waar die navorsingsentrum van die Church of the Latter-day Saints (LDS) geleë is. Hier kan jy deur films van kerkregisters van baie gemeentes blaai en leer hoe om die bekende FamilySearch.org-aanlynprogram ten volle te benut.