genza banner

Ons dien 'n gemeenskap van toegewyde amateur familienavorsers. Iemand wat nog nooit met genealogiesenavorsing te doen gehad het nie, kan hom die opwinding en blydskap indink wat die genealoog ervaar wanneer 'n deurbraak gemaak en die finale skakel in 'n familie-lyn voltooi word nie. Dit is werklik 'n ervaring van 'n leeftyd.
Afstammelinge van families wat reeds vroeg aan die Kaap aangekom het, het Noord- en Ooswaarts getrek, sommige het opge-eindig in die huidige Namibië en dan selfs verder tot in Angola en andere weer tot in Kenia. Wanneer jy hul voetspore volg gaan nuwe wêrelde oop. Dit gee 'n mens insig in die kulturele, politieke en die godsdienstige oorwegings wat die dryfvere was vir hierdie migrasies wat dikwels gepaard gegaan het met groot ontberings, lyding en selfs sterftes.
Die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika (GGSA) wat in 1964 gestig is, het dertien takke waarvan twaalf landtakke is en een elektroniese tak wat voorsiening maak vir lede wêreldwyd via die internet. Elke tak reël sy eie aktiwiteite en vergader deur die jaar afgesien van Desember en Januarie. Meer inligting kan verkry word deur 'n besoek aan die verskillende tak webblaaie by www.genza.org.za te bring. Die byeenkomste word gereël met spesifieke temas in gedagte en sprekers word dikwels genooi om voordragte oor 'n bepaalde onderwerp van genealogiese belang te lewer. Opleiding word aan nuwelinge gebied en die ervare lede is gereed om nuwelinge touwys te maak.

Ons doel is: