• Om belangstelling en navorsing in genealogie en familiegeskiedenis te bevorder onder lede, amateur-genealoë en almal wat belangstel in genealogie en/of familiegeskiedenis. 
  • Om algemene begrip van Genealogie en die waarde daarvan te bevorder, om begrip te hê vir die professionele status en waardigheid van genealoë tussen lede van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika en die algemene publiek, en ook om dit te onderhou.
  • Om die hoogste navorsingstandaarde deur lede van die Genootskap te bevorder.
  • Die verskaffing van 'n wye reeks opvoedkundige kursusse, navorsingsprogramme en dienste tot die algemene voordeel van GGSA-takke en -lede, asook enige ander dienste en ondersteuning, soos van tyd tot tyd besluit word deur die Nasionale Raad van die GGSA.
  • Die aanmoediging en ontwikkeling van bande met Familiegeskiedenisverenigings.
  • Die vestiging en onderhouding van kontak met soortgelyke Genootskappe oor die wêreld.
  • Die vestiging van 'n sertifiseringsprogram om die betroubaarheid, professionaliteit en integriteit van alle Suid-Afrikaanse genealoë en rekordnavorsers te bevorder.
  • Om behulpsaam te wees met die bewaring van alle genealogiese bronne en memorabilia.