English (United Kingdom)

genza3

Ons dien 'n gemeenskap van toegewyde amateur familienavorsers. Iemand wat nog nooit met genealogiesenavorsing te doen gehad het nie, kan hom die opwinding en blydskap indink wat die genealoog ervaar wanneer 'n deurbraak gemaak en die finale skakel in 'n familie-lyn voltooi word nie. Dit is werklik 'n ervaring van 'n leeftyd.
Afstammelinge van families wat reeds vroeg aan die Kaap aangekom het, het Noord- en Ooswaarts getrek, sommige het opge-eindig in die huidige Namibia en dan selfs verder tot in Angola en andere weer tot in Kenia. Wanneer jy hul voetspore volg gaan nuwe werelde oop. Dit gee 'n mens insig in die kulturele, politieke en die godsdienstige oorwegings wat die dryfvere was vir hierdie migrasies wat dikwels gepaard gegaan het met groot ontberings, lyding en selfs sterftes.
Die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika (GGSA) wat in 1964 gestig is, het dertien takke waarvan twaalf landtakke is en een elektroniese tak wat voorsiening maak vir lede wereldwyd via die internet. Elke tak reel sy eie aktiwiteite en vergader deur die jaar afgesien van Desember en Januarie. Meer inligting kan verkry word deur 'n besoek aan die verskillende tak webblaaie by www.genza.org.za te bring. Die byeenkomste word gereel met spesifieke temas in gedagte en sprekers word dikwels genooi om voordragte oor 'n bepaalde onderwerp van genealogiese belang te lewer. Opleiding word aan nuwelinge gebied en die ervare lede is gereed om nuwelinge touwys te maak.

Kontak die Webbladbestuurder

Terugvoer, voorstelle en regstellings word verwelkom.
Kontak asb die Webbladbestuurder

Visitors to this web site

Today613
Yesterday685
This week2839
This month9708

Who Is Online

5
Online

Donderdag, 12 Desember 2019 23:01