fields
Gallery »  M-Surnames---Vanne-M » MARTIN-Surnames-Vanne »

MARTIN-Zandra-Ronèl-Nn-Ronèl-1943-2024-F

Volgens e-mails ontvang vanaf Charlie ELS op 16 Apr 2024 die volgende aanvullende info:

Aangeheg is die begrafnisbrief van Ronel MARTIN. Sy is in Johannesburg gebore as die oudste dogter van Nicolaas en Babs (Hendrina Johanna Wilhelmina) PRETORIUS, née DAFEL). Sy matrikuleer in 1961 aan die Hoërskool Brits en behaal die Hoër Primêre Onderwysdiploma aan die Universiteit van Pretoria. Daar ontmoet sy Johan Andries (Kokkie) MARTIN, 4de geslag Afrikaner van die Martin-trek na Rhodesië in 1894. Hulle trou op in 1966 en vestig hulle op die plaas Rockingstone tussen Inyazura en Rusape in Rhodesië. Ronèl is baie bedrywig daar in die plaaslike gemeenskap en speel onder meer tennis vir die provinsie Manica. In die 70’er jare begin sy met tabaktou (100% katoen) produkte soos rokke, tafeldoeke, bedspreie e.a. hekel. Sy lei swart vroue op en het teen 1979 sowat 1,000 van hulle in diens. Die regering van Abel Muzorewa beloon haar met toekennings en stuur haar met haar produkte na skoue in Europa. Sy voer die hekelwerk uit na Duitsland, België, Engeland en Suid-Afrika. Kokkie en Ronèl het drie kinders: Marthinus (24/7/1968), Anelda (15/10/1969) en Nico (4/2/1972). In Desember 1979 verhuis die gesin na Harare. In Augustus 1983 emigreer hulle na Suid-Afrika en vestig hulle in Pretoria, waar Ronèl ’n baie suksesvolle eiendomsagent word.

As jy dit geplaas het, stuur asb, vir my die skakel sodat ek dit met haar familie kan deel. Baie dankie en groete, Charlie

  • 7 images