fields
Gallery »  E-Surnames---Vanne-E » ERASMUS-Surnames-Vanne »

ERASMUS-Albert-1925-1988-M

Geneem vanaf Facebook “Ellisrassers We Will Never Forget”. Erkenning vir die bydrae aan: Johanna Kleynhans 1 Aug 2021_108 Albert ERASMUS Geb. 29/08/1925 Oorl. 03/09/1988. Oom. Lida Jordaan Van Aswegen - My skoonouers hulle was 2 baie spesiale mense. Ma Mientjie se familie was deel van die stigters van Ellisras. Pa Albertjie het na sy aftrede by die stadsrasd se parke afdeling gewerk. Hy het die Erasmus kleinklein kinders altyd met n roomys bederf. Hy het die roomys by die roomys karretjie betaal en dan moes die drywer dit gaan aflewer. My kinders het as hulle die deuntjie gehoor het by die hekkie gaan wag want hulle het geweet oupa Albertjie het weer roomys gekoop. Goeie ou dae gewees. Maggie Erasmus/Lida Jordaan Van Aswegen - Wat was hulle volle name. Lida Jordaan Van Aswegen/Maggie Erasmus - Albert Johannes Erasmus en Wilhelmina Carolina Albertjie ook n nooi Erasmus gewees. Maggie Erasmus/Lida Jordaan Van Aswegen - Ek wonder Waar get hulle gewoon en wie was hulle ouers. Ek herken nie die name nie. Lida Jordaan Van Aswegen - Die kleindogter Magdalena was bekend as Lientjie. Andre Erasmus - Twee dierbare mense gewees. Gerna Coetzee - Johanna Kleynhans dankie vir die foto oom Rassie soos ons hom genoem het en tant Mientjie was deel van ons grootword! Hester Coetsee - 2 van hulle seuns ook oorlede, dink Adric lewe nog. Johanna Kleynhans - Hallo Hester, daar is nog net een van die seuns oor. Tienie (Die boekhouer), Piet, Adrik en Mike is almal oorlede. Dit is Albert, net jonger as ons wat nog daar is. Ek soek nog foto's maar dit is moeilik. Reon van Tonder/Johanna Kleynhans en Boeta? Tienie ook oorlede. Gerardine Erasmus - Oom Boeta is Albert. Oom Boeta lewe nog. Ja oom Tienie is ook oorlede. Reon van Tonder - Mense met mooiste binnekant wat ek as seun mee te doen gekry het...Ek en Adrik was op skool meer as pelle...meer broers. Gerda Henning Scheepers/Gerardine Erasmus - kan Herman help hier? Gerardine Erasmus/Gerda Henning Scheepers - dis net herdenking van almal. Ek reply daar waar iemand ietsie vra. Dit was Herman se ouma en oupa. Gerda Henning Scheepers/Gerardine Erasmus - interessant, het mos nog nooit fotos van hulle gesien nie. Riana Van der Merwe - Wat van jou pa, Johanna? Hy was darem deel van baie skoolkinders se lewe met daai ou skoolbus. Meer as een oggend vir ons weggery daar by die groot brug.... Johanna Kleynhans - Ja en wat van die kere wat die bus vasgesit het op die grondpad van die Tafelkop af. Dan kom ons eers 1ste pouse by die skool.....