fields
Gallery »  B-Surnames---Vanne-B » BILJON-VAN-Surnames-Vanne »

BILJON-VAN-Jacobus-Petrus-Booysen-Nn-Cobus-1960-2019-M

  • Rothea Nel 16 Jul 2021_782 Cobus VAN BILJON b.0000 d.14/06/2019. Rothea Nel - Ek en my skoolmaats het alles saam gedoen. Elkeen het talente gehad wat ook ten volle ondersteun is deur diè wat vir eers op die kantlyn was. So paartjies was effe meer waaghalsig as die ander en het met ‘n sigaret tussen die vingers pouses in die tennishuisie gaan sit.... en èk moes kuiwie hou. Bewaar vir my as ‘n prefek op hulle afkom. Jimmel die prefekte was strenger as die Onnies... regte klikbekke! Ek was al die jare ‘n koshuisbrak terwyl my moeder een van die koshuismoeders was... so het ek menigte maal my huisbewoner-maats genooi vir ‘n peanutbotter en stroop broodjie pouses. Jy meng niè met seuns pouses nie, dit was taboe en daarom het ons naweke mal gegaan. Ek, Frikkie Versfeld, Cobus van Biljon, Ronelle van Tonder, Anette Beukes, Meisie Pieterse en ‘n paar ander besluit ons gaan Mogolbrug toe... die grote, waar ‘n lekker sandduin is met ‘n stroom sterk water wat vloei en ons gaan hou piekniek. Cobus se Pa het die BP garage gehad en hy pak ‘n mandjie vol buns, pelonie en chips. Cobus laai ons almal op met ‘n lang slap groen Mercedes en ons voel soos Royalty. Natuurlik was daar iets sterkers vir diè wat nie pesaderwater drink nie en die party raak spelerig... ek bedoel.. die een jaag die ander en die enigste pelonie beland in die stroom water, nog onoopgemaak. Nie een gaan vir die pelonie nie en Cobus sê "diè een wat die pelonie gaan uithaal kry vanaand my Pa se groen Mercedes". Kyk ek was ‘n goeie swemmer en ‘n girl met baie guts. Voor een kon sê mes toe duik ek. Stroomaf en my vêrkykers op ‘n dobberende pelonie. Riete vasgryp het gehelp dat ek na ‘n ruk my trofee in die lug kon hou. Nodeloos om te sê... ek het toe nooit die Mercedes gekry nie maar ‘n vriend vir altyd. Cobus met hierdie staaltjie sê ek totsiens. Jou naam is opgeskryf in my boek van herinneringe en ek sal jou onthou. Rus sag by Jesus se voete my vriend, tot ons weer ontmoet. Rothea d.14/06/2019. Lily Gouws Fleischmann – Nooit. Marelize Olivier-Bosman - My pa en oom Kobus was baie goeie vriende. Hy het my matriek-afskeid toe gevat met sy Mustang. Legend!!
  • Bianca Lingenfelder van Biljon 14 Jul 2021_xxx Jacobus Petrus Booysen Nn Cobus VAN BILJON Gebore: 5/5/1960 Oorlede: 15/6/2019. Annelize Van Biljon Smit - Mis my boetie elke liewe dag van my lewe. Martie Van Heerden - My mazda ook by hom gekoop. Barbara-Ann van Biljon - Sy hart was ʼn groot lawaaierig, vrygewige V12 enjin wat hopeloos te gou ophou klop. Mis jou nog elke dag. Melinda Mostert/Barbara-Ann van Biljon - ja skoonsus, dis wie hy was ...... Annelize Van Biljon Smit/Barbara-Ann van Biljon - Ja skoonsus, julle was soos sout en pepper, kettie en klip. Dankie vir jou wat darem nog deel van ons is, tesame met sy kinders en kleinkinders ⚘

  • 1 images