fields
Gallery »  B-Surnames---Vanne-B » BEZUIDENHOUT-Surnames-Vanne »

BEZUIDENHOUT-Johan-Nn-Mof-0000-2021-M

Geneem vanaf Facebook “Ellisrassers We Will Never Forget”. Erkenning vir die bydrae aan: Zetta Israel Wagters 25 Aug 2021_38 Johan Nn Mof BEZUIDENHOUT b.0000 d.22/08/2021. https://mobserver.co.za/145295/siek-man-loof-met-hande-na-bo-terwyl-hy-in-intensief-is/?fbclid=IwAR1Bxh-xOgu9JPEU6-kutOkiLdfvzgb53wlcRB8q8GWhWi53ofmCByDRE5M. “Ek glo my man is vandag in die paradys, ek het daardie troos en rustigheid in my hart. Maar dit is steeds nie maklik nie,” het Petro Bezuidenhout vanoggend gesê. Mnr. Bezuidenhout is gistermiddag (22 Augustus) in die Life Cosmos Hospitaal oorlede weens Covid-19 nagevolge, nadat hy 50 dae, waarvan 22 dae in intensief, in dié hospitaal was. “Hy was ’n paar keer uit en dan het dit soveel beter gegaan. Hy het selfs met ’n loopraam geloop”. Sy het elke dag met hom gesels, terwyl hy in die hospitaal was. “Dinsdag was daar soveel hoop dat hy teen Vrydag dalk ontslaan sou word”. Van Woensdag af het sy toestand skielik agteruit gegaan en hy is weer in die intensiewe eenheid opgeneem. Donderdag kon me. Bezuidenhout hom ’n rukkie besoek. “Hy het sy oë oopgemaak en vir my gesê: ‘ek weet ek is besig om dood te gaan.’ Ek het vir hom gebid, mooi gepraat met hom en ook vir hom gesê: ‘nee, jy gaan huistoe kom”. Sondagmiddag omstreeks 15:30 is me. Bezuidenhout deur die personeel gekontak en daar is vir hulle gesê om hospitaal toe te kom. “Toe ons daar kom, het hy sy oë probeer oopmaak en ons het vir hom gesê: ‘asseblief, jy moet terugbaklei.” Op hierdie tydstip het haar dogter vir haar gesê: “Mamma, kyk hoe loop die traan teen sy wang af”. Me. Bezuidenhout sê hulle het die hele tyd met hom gepraat in die 10 minute wat hulle daar was. “Kort voor hy gesterf het, het daar weer trane oor sy wange geloop. Ek glo hy het ons gehoor”. As sy moet terugdink aan die tyd wat hy in die hospitaal was, is die feit dat hy, ongeag van die eensaamheid in die hospitaal, die een was wat hulle die hele tyd bemoedig het. “Hy bid al baie lank elke oggend per oproep met ’n vriend van hom. In die tyd wat hy in die hospitaal was, het hy ons gebel in die oggende as ons gery het met ons kleindogter skool toe en het hy met almal gepraat. Dan het hy sy vriend gebel en saam met hom gebid. Daarna het hy my weer gebel”. Haar man se lewe was ’n lewende getuienis as sy vertel hoeveel mense haar al gekontak het en vertel het wat hy vir hulle op ’n geestelike vlak beteken het. “Johan het die Here in alles vertrou. My man was vir die Here die liefste in sy hele lewe en dan vir my en ons kinders”. Op ’n foto wat die familie gestuur het, kan ’n mens sien waar hy aan suurstof gekoppel is, maar is sy hande na Bo uitgestrek. “Dit was my Johan. Selfs daar in intensief, het hy sy Koning geloof en prys, Ek sien uit na die weersiens”. Me. Bezuidenhout sê alhoewel almal om haar siek was met die virus, het sy in die tyd wat haar man in die hospitaal was, self ook nooit siek geword nie. “Die Here het my deurgedra. Daar is ’n lewende God, hy is amazing”. Die Bezuidenhout gesin is die afgelope meer as twee jaar gelouter met hartseer, nadat hul dogter, Maryka Kleinhans, op 27 Jan 2019 in Kranspoort gesterf het, nadat sy saam met berugte polisieman, Awie Geldenhuys, in die voertuig was. “In sy hartseer, het Johan vasgehou daaraan dat die Here geregtigheid sal laat geskied”. Mnr. Bezuidenhout se niggie, Linda Serfontein (wat saam met hom grootgeword het), het bygevoeg dat selfs terwyl hy in die hospitaal was, hy vir haar en haar gesin gebid het, terwyl hulle siek was. “Dit was Johan. Hy was ’n man van God wat ons almal se staatmaker was. Hy is by die Huis, al is dit nie die huis wat ons wou hê nie. En al was sy hart baie seer oor sy kind, was sy vertroue totaal in die Here dat Hy alles sal uitsorteer. Ek glo hy sit vandag by Maryka en hulle praat hierdie hele ding uit”. Mnr. Bezuidenhout word oorleef deur sy vrou, Petro, kinders Winnie en Dian, skoonseun Marc en kleinkinders Gabby en Isla. Daar is nog nie begrafnisreëlings getref nie, maar die familie het aangedui dat hulle dit beslis aanlyn beskikbaar sal stel vir almal om dit virtueel te volg

  • 1 images