02 February 2022 1 image Share: , ,
View Slideshow

Geneem vanaf Facebook “Ellisrassers We Will Never Forget”. Erkenning vir die bydrae aan: Rothea Nel 24 Jul 2021_54 Marie STEYN b.0000 d.22/07/2021. Huldeblyk Aan Marie STEYN. Soos die Jakaranda bloeisels die strate pers inkleur, het jy Meraai met jou blou oë die reënboog in ons lewens gebring. Jou glimlag wat altyd van oor tot oor gestrek het, het die noorde met die suide kom verbind, vol vreugde en "wow". Soveel lewens is aangeraak deur jou menswees. ‘n Unieke vrou wat ‘n spesiale manier gehad het om verhoudings te bou. ‘n Vriendin by uitstek, wat jou nooit in die steek sou laat nie. Jy was ‘n ystervrou wat elke dag op meriete gevat het en die beste daarvan gemaak het. Jy kon sonder twyfel jou man staan in enige argument en jou uitsprake was op die man af en sonder om doekies om te draai. Wat jy sien is wat jy kry. ‘n vrou sonder pretensie. Marie, Vlaks, Meraai, die mens met ‘n reuse selfbeeld en ‘n groot hart vol goud. Jy was ‘n voorbeeld van hoe die lewe geleef moet word. Dit het God behaag om jou van ons weg te neem, ons vra nie vrae nie want ons almal weet jy rus nou by die voete van Jesus. Jou geliefdes, familie en vriende is in rou. Ons staan met stukkende harte ‘n saluut vir jou Marie... Jou stem en jou lag is stil, jou wedloop is voltooi. Jou rol van die lewe het jy voluit gespeel, enduit. Ek bêre jou in my hart se kamer, jou naam opgeskryf in my boek van herinneringe, ek sal jou altyd onthou... Rus in vrede my geliefde vriendin, tot ons mekaar weer sien. Rothea - My innige simpatie en opregte meegevoel aan Rachel De Jager, kinders, kleinkinders, broers, suster en Johan, familie en vriende. Marleen de Jager - So mooi. Ek kan dit steeds nie glo nie, sy was soos ‘n storieboek, verhaal wat ek daagliks gevolg het. En voordat sy ‘n laaste groet kon gee is sy net weg. Karien Grobler - Mis haar so op face book haar se goed. Karen Olivier-Rautenbach/Karien Grobler - Ek net so.

STEYN-Marie-0000-2021-F_1
STEYN-Marie-0000-2021-F_1