JACOBS-Michael-Christiaan-Nn-Tiaan-1951-2024-JGG-M
HULDEBLYK: TIAAN JACOBS
Met groot hartseer en diep respek neem ons as bestuur van Humansdorp Museum Vereniging afskeid van 'n gewaardeerde vriend Tiaan JACOBS wat op Sondag 28 Julie 2024 oorlede is.
Tiaan sal onthou word vir sy onwrikbare passie en uitgebreide kennis van oorlog medaljes. Sy toewyding in die hierdie veld en sy rol as gewaardeerde kenner was 'n ware bron van inligting vir die museum. Hy het as inspirasie gedien vir die bestuur en lede van die die Humansdorp Museum Vereniging sowel andere wat hom in hierdie verband geken het.
Sy aanbiedinge was altyd sorgvuldig, deeglik nagevors en op bekwame wyse aangebied. Sy nalatenskap sal voortleef en die erfenis wat hy agterlaat, sal vir altyd gekoester word.
Ons bring met dankbaarheid en eerbied hulde aan Tiaan JACOBS en sal sy bydrae tot ons skat van Kultuurerfenis met waardering onthou.
Mag sy herinnering en sy nalattenskap altyd in ons harte voortleef.
Rus in vrede Tiaan.
Van die Voorsitter en Bestuur Humansdorp Museum Vereniging.
Theo VOSLOO
xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx
Huldeblyk Tiaan JACOBS – Sat 10 Aug 2024
Ons onthou Tiaan met groot respek, liefde en deernis.
In die gees en in die hart staan ons as die Jeffreysbaai Genealogie Groep by die familie met hierdie laaste geleentheid om eer en respek aan ‘n merkwaardige vriend te betoon.
Hy het ons almal altyd met 'n stralende glimlag en ‘n warm omhelsing gegroet wanneer ons mekaar gesien het. Altyd gereed om ‘n boeiende militere storie te vertel (of jy nou wou luister of nie) of ‘n humoristiese grappie te deel om ons dag op te helder.
Tiaan was 'n kranige Militere Veteraan, Navorser en Genealoog en ‘n gewilde taklid van die Genealogiese Groep wat altyd bereid was om sy kennis en navorsing te deel met wie dit ookal nodig gehad het.
Hy het baie jare gelede by ons Genealogiese Groep aangesluit en sal as een van die stigterslede beskou en onthou word. Hy het ‘n baie groot bydrae gemaak om die Genealogie Groep te help groei en het van die begin af baie goed ingepas by al die ander Lede.
Tiaan het as Lid van die Genealogie Groep gedien vir ‘n hele aantal jare en ‘n beduidende bydrae met die vooruitgang van die groep gemaak. Hy was altyd deel van ons uitstappies en gereed om te help met uitstallings, tak byeenkomste en enige ander aktiwiteite.
Tiaan sal verseker gemis en baie lank onthou word deur die Genealogie Groep se Lede.
Ons persoonlik het ook die voorreg gehad om Tiaan en Letitia te ontmoet in 2022 na die Covid-era en vir ‘n paar jaar te leer ken as goeie vriende.
Ons sal mekaar eendag weer sien (Brandon Damons)
Die dood kom soms so skielik, En om dit te oorkom is nooit maklik,
Jy is weg en jy word gemis, Deur almal hier vandag by jou gedenkdiens,
Vandag moet ons‚ ons trane afvee,
Gebroke harte‚ dis net GOD wat weet wat om te maak daarmee,
Familie, ek weet ons is nog seer oor die heengaan,
Die Hemel is nou jou woning, Jy is nou saam met JESUS ons koning,
Jy is weg‚ vir ewig, Daar sal nie ‘n dag wees wat ons jou nie sal mis nie,
Jy sal altyd in ons harte wees, GOD sal ons gebroke harte genees,
Want ‘n GOD wat genesing bring is wat ons dien,
Totsiens‚ ons sal mekaar eendag weer sien.
In gees deel ons hierdie tragiese verlies saam met die JACOBS gesin en familie. Wees verseker dat julle in ons gebede is gedurende hierdie tyd van rou en ons bid vir krag en vertroosting aan die gesin en familie. Ons innige simpatie en sterkte in hierdie moeilike tyd. Mag julle die liefde en krag van die Here ervaar. Die Goeie Vader sal nie ‘n klip in julle pad rol wat te swaar en te moeilik sal wees om verby te kom nie. Hou goeie moed, vertroue en geloof !!!
Tiaan, as mede Genealogiese vriend het ons nog so baie navorsing gehad om saam klaar te maak, maar ons sal dit doen en afhandel asof jy daar by ons is.
Ons as Lede van die Jeffreysbaai Genealogie Groep onderneem ons om die laaste inskrywing vir jou op jou JACOBS Geslagregister namens jou te doen .....!!!
Gebore: Sondag 13 Mei 1951 & Oorlede: Sondag 28 Julie 2024 (73 jr:2 mde:15 dae).
Ons is baie lief vir jou, Rus in Vrede my vriend ……!!!
Namens al die Lede van die Jeffreysbaai Genealogie Groep.
Hendrik (Pottie) POTGIETER
xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx