HAYWARD-Isabel-Olive-Nn-Isabel-nee-Marais-1941-2025-F

08 April 2025 5 images Share: , ,
View Slideshow

Die volgende addisionele info ontvang vanaf Charlie ELS op 7 Apr 2025 per e-pos:

Beste Pottie, ‘n Vriendin en eertydse buurvrou van die 50’r-60’er jare is onlangs dood. Haar begrafnisbrief is aangeheg. Ek stuur ook later ‘n kort stukkie wat ek oor haar opgestel het. Groete, Charlie

Isabel MARAIS (Isabel Olive HAYWARD geb. MARAIS) dv. Aghata en Jakobus (Pikkie) MARAIS is gebore in Dundee, Natal. In haar kinderjare het hulle in die omgewing van Skukusa gewoon. Daarna trek hulle na 'n plaas in die Vryheid Distrik. Sy kry haar hoërskoolopleiding in Vryheid.

Sy verwerf 'n BA graad by UP en 'n onderwysdiploma by die Pretoriase Onderwyskollege. Sy werk later in die militêre argiewe toe sy haar man, André HAYWARD (André Pieter HAYWARD), ontmoet. Hulle trou op 1 Januarie 1965, waarna sy hoërskoolonderwys gee; hoofsaaklik Afrikaans, geskiedenis en Engels vir immigrante. Daarna werk sy by SABS.

Hulle het in Clifflaan, Waterkloofrif x 2, Pretoria gewoon totdat haar gesondheid so verswak het dat sy verskuif moes word na die aftreeoord, Huis Herfsblaar in Queenswood, Pretoria. Haar man, André bly steeds in Clifflaan.

Hulle het twee kinders: Karen gebore in 1968 en Ilse gebore op 21 Augustus 1971. Op ongeveer 21 jarige ouderdom trou Ilse met Johan ENTRES. Hulle het twee kinders, Alex en Dean. Hulle skei later en Ilse verander haar van weer terug na HAYWARD.

Karen is 'n trauma- en Christelike pastorale berader. Sy verwerf 'n Honneurs in Sielkunde aan die Universiteit van Pretoria en 'n B.Psych-graad deur die Instituut vir Christelike Sielkunde in 2009.

In 2010 voltooi Karen 'n Honneurs in Bybelkunde aan Unisa asook 'n Meestersgraad in Praktiese Teologie-Pastorale studies by die Noordwes-Universiteit van Potchefstroom waar sy ook haar PhD in Praktiese teologie - Pastorale studies voltooi in 2015.

HAYWARD-Isabel-Olive-Nn-Isabel-nee-Marais-1941-2025-F_1
HAYWARD-Isabel-Olive-Nn-Isabel-nee-Marais-1941-2025-F_1
HAYWARD-Isabel-Olive-Nn-Isabel-nee-Marais-1941-2025-F_2
HAYWARD-Isabel-Olive-Nn-Isabel-nee-Marais-1941-2025-F_2
HAYWARD-Isabel-Olive-Nn-Isabel-nee-Marais-1941-2025-F_97
HAYWARD-Isabel-Olive-Nn-Isabel-nee-Marais-1941-2025-F_97
HAYWARD-Isabel-Olive-Nn-Isabel-nee-Marais-1941-2025-F_98
HAYWARD-Isabel-Olive-Nn-Isabel-nee-Marais-1941-2025-F_98
HAYWARD-Isabel-Olive-Nn-Isabel-nee-Marais-1941-2025-F_99
HAYWARD-Isabel-Olive-Nn-Isabel-nee-Marais-1941-2025-F_99