DEKKER-Amelia-1992-1994-F

01 September 2024 3 images Share: , ,
View Slideshow

Kyk hierdie lelike storie, wat op Vereeniging gebied plaasgevind het, ek stuur vir jou aan.

Hallo Hennie, ja ek onthou die voorval baie goed. Ek was die oggend op die toneel toe die Pa en sy kinders dood in die voertuig gevind is. Dit was naby die Sharpeville-pannetjie. Dit was nie 'n motorongeluk nie. Die Pa het hulle vergas.

Ek plaas van die berigte uit destydse koerante vir jou hier onder:

XXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXX

18 April 1994 - Neerslagtige pa vergas homself, vyf kinders

VANDERBIJLPARK. In 'n vlaag van jaloesie en depressie het 'n man “wat nie 'n vlieg kon seermaak nie”, gisteroggend sy vyf kinders vermoor ná talle versekerings dat hy hulle nie sal skaad nie.

Mnr. Armand Dekker (30), 'n Yskorwerker wat sy vyf kinders “aanbid” en vir die geringste onmin en woordewisselings gevlug het, het hom saam met sy tweelingdogters, Amelia en Angelique (17 maande), en Wynand (3), Linda (5) en Johan (6) naby Sharpeville in sy motor vergas.

“Hoekom Armand? . . . Hoekom, God?” het sy gewese vrou, Joey (25), gisteroggend herhaaldelik gesê nadat bewoë polisiemanne die kinders, kompleet asof hulle slaap, uit die motor getel en na 'n lykswa gedra het.

Haar sagaardige man, wat al tydens hul huwelik van tien jaar probeer selfmoord pleeg het en vir depressie behandel is, het eergisteraand omstreeks tienuur by sy huis in Vanderbijlpark aangekom waar die kinders reeds geslaap het. Terwyl hy die slapende kinders een vir een na sy motor gedra het, het hy aan sy skoonma, mev. Martha Barnard (68), gesê: “Bly uit my pad uit. Ek vat nou die kinders na my ouers in Kempton Park”.

Met die kinders “veilig” in sy motor, het mnr. Dekker meubels en breekgoed met 'n hamer van 10 kg aan flenters gemoker. Ander meubels is met slagtersmesse toegetakel. Twee lang messe het gisteroggend nog op 'n stukkend gesnyde rusbank gelê. Mnr. Dekker het geëis dat mev. Dekker die kinders afteken en in sy sorg plaas, hoewel die Hooggeregshof in hul skeigeding op 18 Maart die kinders aan haar toegeken het. Sy het geweier juis omdat hy so emosioneel onstabiel is en omdat die kinders nie veilig by hom sou wees nie.

Gesinsmoord was sy “eerste sukses”.

XXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXX

VANDERBIJLPARK. Die selfmoord van en moord op sy vyf kinders was mnr. Armand Dekker (30) se eerste “sukses” ná 'n jarelange liefdesdriehoek en vier mislukte selfmoordpogings, het goeie vriende gesê.

Van die kinders se ma, mev. Joey Dekker (25), met wie hy getroud is toe sy veertien was en wat 'n maand gelede van hom geskei is sonder dat hy daarvan bewus was, was daar gister g'n spoor nie. Vriende het gesê sy kruip vermoedelik weg in die woonstel van haar vriend, mnr. André Watson (23), wat sy jare gelede ontmoet het toe hulle saam in die Metalbox-fabriek op die dorp gewerk het. Dit was na dié ontmoeting dat mev. Dekker verwagtend geraak het met haar tweeling van sewentien maande, Amelia en Angelique.

In huisrusies wat soms by vriende oorgekook het, het haar man, 'n staalwalsslyper by Yskor, soms na die tweeling verwys as “hulle kinders”. En dat hy nie net die oudste drie nie, maar ook hulle kinders sal saamvat die dag as hy gaan. Hy het gemeen hy is net die Pa van die oudste drie kinders, het vriende gesê. Dit was nadat mnr. Dekker Saterdagaand sy geskeide vrou en mnr. Watson op die dorp sien stap het en haar later die aand in mnr. Watson se woonstel aangetref het, dat die “sagmoedige man wat g'n vlieg kon seermaak nie” eers sy meubels flenters geslaan het en toe sy drie kinders en “hul tweeling” gaan vermoor het.

Hy het dit gedoen nadat hy kort tevore beloof dat hy die kinders nie sal benadeel nie, het vriende en familie gesê. “Hy het ieder geval al soveel keer met kindermoord en selfmoord gedreig dat ons al hoe minder ag daarop geslaan het, veral as gevolg van die klaaglike mislukkings wat hy van sy eie selfmoordpogings gemaak het”, het 'n kennis gesê wat nie sy naam genoem wil hê nie. Hy het onder meer al probeer hondedip in die motorhuis drink, homself probeer ophang, homself met petrol in die motorhuis verbrand en homself probeer verdrink.

XXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXX

Die grafte is in Vanderbijlpark se hoof Kerkhof. Die Pa Armand het glo die bakkie gerol toe is 5 kinders saam met hom dood. Daar is ‘n tweeling dogtertjies oorlede. Die gras groei die naam toe. Van is glo Dekker, gras griei voor die naam. Die foto van ‘n vriendin gekry. Die groep op Vanderbijlpark. Neem nie meer die grafte af nie. Die Muller wat na my gekom het werk glo in Standerton. Vriendelike groete Hennie.

Bo die ware verhaal, hier by die grafte, wat ek gehoor het. Hennie STEYN

DEKKER---Armand---Johan---Linda---Wynand_1
DEKKER---Armand---Johan---Linda---Wynand_1
DEKKER---Armand---Johan---Linda---Wynand_99
DEKKER---Armand---Johan---Linda---Wynand_99
DEKKER-Armand---Johan---Linda---Wynand---Amelia---Angelique_2
DEKKER-Armand---Johan---Linda---Wynand---Amelia---Angelique_2