The Genealogical Society of South Africa

Die Grosvenor word onthou

George Herald. 9.9.2012. Emsie Martin.
(Die artikel word met die goedgunstige toestemming van die George Herald publiseer)

Op 4 Augustus 1782, reeds 230 jaar gelede, strand die Grosvenor onder bevel van Kapt. John Coxton aan die Pondoland se kus. Van die passasiers en bemanning het 123 die kus veilig bereik en vyftien is dood. Die kaptein hou op 7 Augustus vergadering en gee opdrag dat almal by die wrak moet bly om die siekes en beseerdes kan te gee om te herstel. Daarna het die oorlewendes in twee groepe verdeel, eengrosvenor en kaptein onder leiding van die kaptein en die ander Mnr Shaw. Die oorlewendes het egter baie ontberings beleef.Op 4 Desember bereik slegs 5 oorlwendes na al die ontberings die Drosdy op Swellendam.
Landdros Van Nult Onkruyd van Swellendam kry dadelik
toestemming by goewerneur Van Plettenberg om ’n soekgeselskap te stuur om na die oorlewendes te soek.

Eerste ekspedisie:
Op 21 Desember, slegs 17 dae na die aankoms van die oorlewendes, vertrek die soekgeselskap onder aanvoering van Hillegard Muller. Tweede in bevel was Jan Andries Holtzhausen. Hulle word deur twee matrose Jeremiah Evans en Francisco de Lasso as gidse vergesel. Dit was ’n geweldige groot ekspedisie en het bestaan uit 109 burgers, 170 bruin mense waarvan 20 gewapen was, 47 waens, 81 spanne osse, 216 perde en 59 slagbeeste. Die hoofekspedisie vertrek op 17 Desember vanaf Zeekoegat in Riversdal. Die grootste deel van die land waardeur hulle moes trek was byna onbegaanbaar en wild. Oral langs die pad het mense by die soekgeselskap aangesluit en teen 20 Januarie was die kommando volledig. Die soekgeselskap het in groepe opgebreek en en op 6 Februarie het Muller en 15 man op perde kuslangs begin soek na oorlwendes. “n Mens kan jou indink dat sedert die stranding in Augustus sou daar teen hierdie tyd byna geen oorlewendes meer oor wees nie veral nie in hierdie wilde woeste area nie. Muller se amptelike verslag van die eerste ekspedisie is opgetrek en deur hom op 23 April 1783 deur hom en Holtzhausen onderteken.
Tweede ekspedisie:
Verskeie gerugte aangaande die oorlewendes van die Grosvenor is deur die jare versprei en as gevolg van die stories word ’n tweede ekspedisie onder leiding van Jan Andries Holtzhausen in 1790 saamgestel. Ek wonder nou net, het hulle regtig gedink daar sal nog oorlewendes wees?. Holtzhausen word vergesel van Hillegard Muller, Lodewyk August Prins en Jacob van Reenen met vier waens. Die groep het bestaan uit 15 burgers waarvan 5 reeds aan die eerste ekspedisie deelgeneem het.
Op 24 Augustus vertrek die ekspedisie vanaf Holtzhausen se plaas met vier waens. Teen 20 September was die geselskap voltallig met veertig gewapende bruin mans, 10 waens elk voorsien van ’n dubbele span osse, en 65 perde. Hulle begin die lang reis en op15 November kom hulle by die Waterfall Bluff wat die Grosvenor oorlewendes binneland in gedryf het. Hier het Jan Andries Holzhausen (54) in ’n put geval met gebrande regop penne wat die plaaslike inwoners gemaak het om grootwild te vang. Een hiervan het deur sy linker handpalm gesteek.Hy beskou dit ligtelik en sit die reis voort. Hulle bereik die suidekant van die Waterfall Bluff  waar hulle die perde moes lei en die mans tot by hul armholtes in die water was. Holtzhausen wat gewond was en van Van Reenen met pyn in sy ledemate, kon nie die vol rivier oorsteek nie en moes terugkeer na die uitspanplek.
Met al hierdie terugslae begin hulle die terugtog. Hulle het nie vêr gevorder nie toe Holtzhausen klem in die kaak ontwikkel en al sieker geword het. Hy is op 23 November oorlede.  Kort daarna is ’n niksvermoedende Prins deur ’n olifant vermorsel. Tydens hierdie ekspedisie was daar verlies aan lewens en  verlies aan osse en hulle het geen verdere oorlewendes
teegekom nie.